7/11/2011

Dankie !

Wanneer jy 'n Freedom Challenge klaarmaak is daar baie om voor dankie te sê :

Dankie Liewe Vader dat U vir ons 'n lig op die pad was en na ons welstand omgesien het en ons beskerm het teen David se aanslae.

Dankie vir Pieter Cordier van Design Layout & Print wat my geborg het, ek sou bitter graag beter wou doen, maar dit was my nie beskore nie.

Dankie vir my wonderlike vrou en kinders, wat in my bly glo het ten spyte van my negatiwiteit. Julle het my na die einde gedra !!!

Dankie aan al die wonderlike mense by die support stations en die tussen in. Dankie dat julle ons onbaatsugtig met ons vuil gatte deel van julle persoonlike lewens gemaak het. Julle is die ligpunte in ons race.

Dankie vir almal wat 'n donasie aan Miles for Smiles gemaak het, die glimlaggies op die kindergesiggies is meer werd as enigiets op die race.

Dankie aan my Ma en Pa vir die manier waarop julle ons groot gemaak het, dankie dat julle my geleer het dat niks in die lewe verniet kom nie en dat jy hard moet werk vir dit wat jy wil bereik !

Dankie vir al my ondersteuners, julle het die roete plat gemaak en die wind weggewaai, en dis altyd lekker om julle komentaar te lees.

Dankie vir die voorreg om saam met Tim en August te kon ry, dis 'n ervaring wat my altyd sal by bly !

Baie geluk aan Alex en Glenn en al die ander, julle het 'n moerse race gehad wat moeilik ge ewenaar gaan word.

Sent from my BlackBerry® wireless device

1 comment:

  1. Veels geluk ou maat. EK begin vandag met chemo, maar beplan reeds aan 2012. Geniet die rus.

    ReplyDelete