7/11/2011

Dankie !

Wanneer jy 'n Freedom Challenge klaarmaak is daar baie om voor dankie te sê :

Dankie Liewe Vader dat U vir ons 'n lig op die pad was en na ons welstand omgesien het en ons beskerm het teen David se aanslae.

Dankie vir Pieter Cordier van Design Layout & Print wat my geborg het, ek sou bitter graag beter wou doen, maar dit was my nie beskore nie.

Dankie vir my wonderlike vrou en kinders, wat in my bly glo het ten spyte van my negatiwiteit. Julle het my na die einde gedra !!!

Dankie aan al die wonderlike mense by die support stations en die tussen in. Dankie dat julle ons onbaatsugtig met ons vuil gatte deel van julle persoonlike lewens gemaak het. Julle is die ligpunte in ons race.

Dankie vir almal wat 'n donasie aan Miles for Smiles gemaak het, die glimlaggies op die kindergesiggies is meer werd as enigiets op die race.

Dankie aan my Ma en Pa vir die manier waarop julle ons groot gemaak het, dankie dat julle my geleer het dat niks in die lewe verniet kom nie en dat jy hard moet werk vir dit wat jy wil bereik !

Dankie vir al my ondersteuners, julle het die roete plat gemaak en die wind weggewaai, en dis altyd lekker om julle komentaar te lees.

Dankie vir die voorreg om saam met Tim en August te kon ry, dis 'n ervaring wat my altyd sal by bly !

Baie geluk aan Alex en Glenn en al die ander, julle het 'n moerse race gehad wat moeilik ge ewenaar gaan word.

Sent from my BlackBerry® wireless device

My aanhou rede !!!!

Sent from my BlackBerry® wireless device

7/10/2011

Freedom Challenge gewig verlies

Dis nou mos hoe n man gewig moet verloor in 16 dae .....

Sent from my BlackBerry® wireless device

August Klaar !!

Well done ou maat, jy het vasbyt in jou !!!!

Sent from my BlackBerry® wireless device

My tungsten pel

Elke oggend sou ek en Tim eers kyk of my pel ons nie kon inhaal nie, dit sou moerse lekker gewees het indien ons drie kon saamry !

Sent from my BlackBerry® wireless device

Koffie vir my beste Freedom Pel

Sent from my BlackBerry® wireless device

Die volgende dames Challenger

Sent from my BlackBerry® wireless device

2011 Freedom Challenge

Nie alles werk altyd volgens plan nie.

Geen verskonings, as ek saam met Alex kon bly sou ek dieselfde toestande as hy kon geniet. Melanie vra my vandag wat sou ek anders doen ? Wel ek moes eerstens nie deur die Umkomaas in vloed probeer donner het nie. Water is 'n fiets se grootste vyand, en die Umkomaas het 'n groot aandeel in my gekrokte fiets gehad. Die water het 'n grinding paste gemaak wat alles opgedonner het, my ratkabels, derailers, trappe, links en bearings op die frame.

My tweede fout was om by Banchory by Martin te stop, maar as jy Martin van Banchory se gasvryheid en warm huis opweeg teen ander support stations saam met my goeie vriend August se geselskap kon ek nie anders as om te stop nie, nogtaans moes ek deurgedruk het na Masakala.

Derde fout was die donkermaan navigasie, my die eerste keer gekos op Lehana's, alles is gietswart en jy sien net tot waar jou liggie skyn. Bietjie gesukkel op die ridgeline oppad na die skaapwagters hut met 'n sekere klip koppie waar ek eers links wou om en toe regs om is. Over shoot die container met 'n kilo omdat ek hom nie kon sien nie. Ek en Tim het ook 'n heel te ver regs foutjie in die moeras portage gemaak na Brostelea en amper in Jamestown geëindig. Die gietswart donkerte maak dit nogal moeilik om landmerke in die donker raak te sien.

Ergste fout was die selfbejammering na my spraypaint sessie, kyk ek was regtig siek, ek weet van min mense wat vir 5m kan spaypaint en dan nog oorhou vir die porselynpot ook. 'n Hele jaar se voorbereiding was besig om inmekaar te tuimel en ek was op die punt om op te gee. Was dit nie vir Andre, Joyce, August en Tim nie het ek seker opgegee, iets waaroor ek nou baie spyt sou wees. Andre het my gesond gedokter met rooster brood, swart koffie en moed. August se teenwoordigheid was genoeg om my sommer baie beter te laat voel en die voorreg om saam met Tim verder te kon ry was genoeg motivering.

Die kraggies was maar yl gesaai die volgende dag, en ek moes maar diep grou om by te hou, en daar val ek die hardste wat ek al ooit geval het. Ek het so hard neergedonner dat ek nie wou of kon opstaan nie, ek was seker my ribbes en skouer was af, die oorsaak 'n strook gevriesde water. My ribbes en skouer het in die slag gebly, my saal, helmet en kamera was moertoe en so ook my Freedom hoes, heeltemal te seer om te hoes.

Vandaar was dit 'n racing touring Freedom Challenge, die een dag sou ons hard ry en die volgende dag sou ons by oom Gawie of tannie Verity kuier net om weer 'n harde dag in te sit en dan weer te kuier by iemand.
Tim is 'n baie reguit doelgerigte racer, race volgens die boek en wanneer hy iets besluit het, doen hy dit. Dit was vir my 'n moerse voorreg en ervaring om saam met hom te kon ry, ek het nog meer by hom geleer en glo dat indien ek dit weer sou doen ek dit meer doelgerig, presies en meedoonloos sou kon uitvoer. Groot was my blydskap toe ek Tim se fiets by Kasra gesien het nadat hy die manne voor ons begin jaag het. Tim James het eintlik besluit dat ek nie kon alleen klaarmaak nie en vir my gewag. Dit was 'n helse voorreg om saam met hom te kon klaarmaak.

My rede vir klaarmaak, en dis maklik om op te gee wanneer jy weet jy het al in 'n vinniger tyd klaargemaak.

1 My verantwoordelikheid teenoor my borg : Pieter Cordier van Design Layout and Print. Die man het 'n hele paar rand in my investeer en 'n man verbreek nie so ooreenkoms nie, maak nie saak hoe siek jy is nie.

2 My nuwe riding partner Tim James, wat 'n absolute voorreg !

3 Miles for Smiles, hoe verder en hoe harder hoe meer donasies, en dis mos net wat die kindertjies nodig gehad het, enige donasies is steeds welkom by http://www.milesforsmiles.co.za/

4 My familie wat al 'n week by Diemersfontein vir my gewag het. Die Ingelsman het my al sien klaarmaak, maar hoe kon ek vir my twee kindergesiggies Alison en Danielle teleurstel en nie klaarmaak nie ? Ek moes net eenvoudig deurdruk en klaarmaak om die glimlaggies op hul gesigte te kon sien met ons hereeniging !

Weer doen ?

Wel ek weet nie so mooi nie, ek is nou meer as ooit tevore toegerus met kennis en ervaring. Ek weet dis moontlik vir my om dit in 13 - 14 dae te voltooi, maar dit word 'n duur selfsugtige speletjie en ek skuld my familie big time. Ek moet dalk eers nederig word voor ek weer vir Comander Crous challenge.


Marnitz & Tim Finish

Sent from my BlackBerry® wireless device

7/04/2011

Kasra - Trouthaven - Diemersfontein

Trek 23H00 weg by Kasra, ek verwys nog na die prag hemelruim vol glinstertende sterre, toe die Kaapse weer ons 'n dwarsklap gee en die reëndans begin. Reënjas aan reënjas uit, besluit se moer met die feit dat dit dan reën en dan nie, ek hou nou my reënklere aan.
Met die portage uit reën dit nie, maar met die afgaan slag begin dit ordentlik reën, en so hou dit aan tot by Brandvleidam gevangenis, waar ons skuiling soek onder die paviljoen en so vinnige snorkslapie deurwerk. Jy lê net tot jy begin snork, wat redelik vinnig gebeur en dan is jy op.

8H00 by Trouthaven, die eerste keer op na Trouthaven in daglig, die ander kere was in die donker en dit het vir my gevoel soos een moerse opdraande. Groot was my verbasing om te sien dis maar 'n baie ligte opdraande, was maar seker vrek moeg die ander kere gewees.
8H30 weg na Stetteyns, die plek het doodgebrand, daar is 'n moerse highway deur na die nek, besaai met klippe. Ek het nooit geweet daar is so baie klippe nie, en in die gebrande as slaan die mooiste pienk veldblomme op.
Stetteyns is nou eintlik 'n grappie, maar steeds 'n ongemaklike grappie, met my nuutgevonde kennis van Estelle stel ek dit op die proef en dit werk soos 'n bom, presies soos sy gesê het, as ek maar net die vorige jare geweet het. Ek en Tim lyk soos steenkoolwerkers besaai van die roet en wil nou so vinnig moontlik. kaarmaak.

Teen 17H00 is alles verby, ek en Tim ontvang elkeen ons bersie en ek sit en dink dit was 'n moerse voorreg om saam met hom te kom ry. Tim is 'n baie maklik regiede man, sonder grys areas, jy weet presies waar jy met hom staan. Ek weet ek is 'n ou diesel enjintjie, maar hier het ek my match gekry, een oom moerse Diesel enjin, waar ek ophou gaan Tim aan.
Die man het net nie einde nie, as hy 'n besluit gemaak het voer hy dit uit en ek glo hy gaan terugkom en ons wys hoe dit regtig gedoen moet word. Ek aan die anderkant is nou oorlaai met nuwe kennis, en ek weet dis moontlik om 'n sub 14 te doen, maar gaan ek dit weer doen ?

Ek glo nie, dis 'n baie duur grappie om iets aan jouself te bewys, ek weet met baie luck kan ek dit onder 14 dae doen, maar het ek nodig om dit aan myself te bewys ?

Nee ek het nie, die enigste man wat my weer in 'n dice sal kan lok is Comander Crous en ek hoor hy kyk na 2013.....


Klaar !!!

Met 'n Moerse Smile maak ons klaar vir Miles for Smiles, ek glo in julle ondersteuning om glimlaggies op gebroke kindergesiggies te sit sodat hulle kan glinster soos die sterre se liggies ! Mense elke donasie help hoe gering ook al, hoe graag sou elke kind nie soos ek wou smile nie ?

http://www.milesforsmiles.co.za/
Sent from my BlackBerry® wireless device

Stetteyns waterval

Sent from my BlackBerry® wireless device

Stetteynsblomme vir my vrou !


Sent from my BlackBerry® wireless device

Stetteynskloof 'n laaste briefie aan my vrou.

My vrou weet dat wanneer jy die briefie kry is ek baie naby aan jou, ek stuur gou vir jou nog blomme vir die wonderlike ondersteunende vrou wat jy is !

Baie dankie dat jy begrip het vir my malligheid, dankie vir die ondersteuning en aanmoediging en net die verstaan.

Dankie dat jy so mooi kyk na die kinders en die telefoon antwoord in die mal ure wanneer ek sein kry en graag net jou stem wil hoor. Ek sou graag 3 dae gelede al in jou arms wou wees, maar die paar dae ekstra maak terugkeer net meer spesiaal !

Baie Liefde

Jou mal man


Sent from my BlackBerry® wireless device

Afgebrande Stetteynsdam

Sent from my BlackBerry® wireless device

7/03/2011

7/02/2011

Montagu - McGregor - Kasra

Dis regte Kaapse weer, trietsig ek kry tot myself jammer en die ander wat nog hier moet deur. Ek verlang na mense wat ek nie ken nie, ek het 'n nuwe vriend op my linkerboud ontdek, nie regtig die vriend wat ek nou wil hê nie. Hy herinner my gereeld aan ons nou verwantskap en om hom af te skik probeer ek meer staan en trap, maar met die Duiwel se wind werk dit ook nie, sit hom maar dood.

So in my eensame verlange dink ek 'n paar hartseer defenisies uit :

Hartseer is wanneer jy my pikante liggaamsbou besit, gebou vir downhills, en die wind verhoed jou om af te free. Dis f@kken hartseer !

Hartseer is wanneer die opdraande en die wind saamwerk, sodat jy die heeltyd grind, dis net nie genoeg om af te klim en te stoot nie, maar grind sal jy grind !

Hartseer is wanneer jy wil klaarmaak en alles werk teen jou, dit leer jou nuwe woorde en tekens ....

Die Kaapse weer modeparade, die reënjas dans, reënjas aan, reënjas uit, trek aan trek uit, so verkleur mannetjie ek tot in Kasra.

Uit my skoene opgewonde om Tim se fiets te sien val ek by Kasra se deur in, Tim het besluit hy wag vir my tewyl hy die Wimbelton tennis geniet, ons gaan saam klaar maak, man ek is bly om Tim se gesig weer te sien, ek borrel sommer van nuwe lewe !

Elsa en Alda se gasvryheid oorval ons en ons besluit om van Kasra af klaar te maak, baie beter as om 23H00 by die onpersoonlike Trouthaven aan te kom en 4H00 weer in die pad te val. Ons eet verskiklik lekker en slurp die gasvryheid op, sal 23H00 soos beesmis maak en in die pad val om klaar te maak, hopelik in tyd sodat Tim die tennis kan klaar te kan kyk.

Rouxpos - Anysberg - Montagu

Staan doodmoeg 7H00 op, Montagu is nog ver, dis 'n alleen pad met  nog baie sandpaaie en droë lope wat gery moet word, ek mis vir Tim en sy sê goed. Die wind wikkel ook al weer so reg in die gesig. Besluit om hard te ry en te kyk of ek dalk kan inhaal op Tim wat my vroeg gelos het.

Stop die eerste keer by Anysberg ingang, maak 'n 2 minute noodle en laat waai, so 16H00 by Anysberg. Die GT is al weer stukkend, bout verloor op die flexplate en 'n tjier - tjier by die agterste derailer. Fix gou alles en val in die pad, besluit om 'n breuk te maak na die rivier oorgang, kan sommer dan warm aantrek. Maak vir my die lekkerste koffie ooit, verlang seker maar net huistoe.

20H30 oorval Klaas Vakie my toe ek Tim se kronkelspore begin naboots, ek is so moeg ek kan nie die fiets in 'n reguit lyn hou nie en Oubergpas is nie 'n plek om 'n fout te maak nie. Slaan hinderlaag, binne my slaapsak met al my klere en handskoene aan die keer agter 'n muur by die hek. n Boer kom verwonder hom oor die mal man agter die muur, seker een van die mal manne wat van PMB na die Kaap toe ry prewel hy.

'n 2H00 slaap verander in 'n 3H00 slaap, die pyn in my kniee en die koue jaag my eindelik 23H00 uit die slaapsak uit. Die Duiwel se wind waai nogsteeds,  en stil- stil durf ek die donkernag en Oubergpas aan. Slaap is 'n wonderlike ding net 'n paar minute, of 'n uur of twee gee jou weer nuwe krag en moed vir die pad wat voorlê. Ouberg se rivierkruisings hou my wakker en ek maak Montagu teen 1H30. Eet, stort en slaap, net na 5H00 bel Tim my wakker, hy is nie seker oor die pad nie en vra raad, ek dink dis meer moegheid as onsekerheid en teen 7H00 na 'n lekker ontbyt val ek weer in die pad.

Donasies Miles for Smiles

Die einde is in sig nie meer lank. Pa gee 2000 vir die gesiggies. SO SMILE groetnis PA

Ek gaan nie klaarmaak tot daar nie nog donasies inkom nie.

As my pa en my boet 'n donasie of wat kan maak is daar mos nog baie ander wat ook 'n donasie kan maak. Enigiets sal help, sal julle nie ook graag n kindergesiggie wil blymaak met 'n smile nie?

http://www.milesforsmiles.co.za/


Sent from my BlackBerry® wireless device

Nog blomme vir my vrou !

Ek mis jou verskriklik baie !
Sent from my BlackBerry® wireless device

Pasop vir Freedom Challengers

Sent from my BlackBerry® wireless device

Jacques & Familie

Sent from my BlackBerry® wireless device

Make me Smile !!!

Make a donation to Miles for Smiles @ http://www.milesforsmiles.co.za/ any amount will do. What would you do if today was you last day, today is my second last day on the race, Make Me Smile !
Sent from my BlackBerry® wireless device

Johan Rissik Koppie Koffie in Anysberg

Sent from my BlackBerry® wireless device

Laaste wildhek wat ek met n fiets moet klim

Sent from my BlackBerry® wireless device

Huis Toe !!!!

Ek is moer toe en ek gaan huis toe na mamma toe, beslis nie poort toe nie
Sent from my BlackBerry® wireless device

7/01/2011

Prince Albert - Hel - Rouxpos


Die Swartberg pas bied lekker beskerming teen die helse wind, maar die wind bring reën en teen die reën is daar geen beskerming nie en my pogings om Tim te vang word deur die modder meegesleeur, die modder en my gekrokte fiets wat nou drie rye spore gly.

Kom 17H00 aan in 'n baie nat Hel, die misreën vang my met die laaste klim. Kry Tim weer by die kombuis, hy wag dat ek klaar eet en ons trek 30 min later daar weg. Ek dink toe maar so by myself al waarvoor die wind goed is, is vir my prostaat, dit laat dit lyk of ek baie ver kan pee !

Nou kyk my pikante lyfie is gebou vir downhills, nie vir nuut geskraapte modderpaaie met die duiwel se wind van voor nie. My diff sak weg en dit lyk of ek op een plek klits en so begin die gemors. Die wind het my go weggewaai en ek sukkel die leer uit, het nie bene nie en ek sweet soos 'n vark in Palistina. Die leer is 'n bliksem in die nag en wanner dit nog reën ook word dit net erger, dis soos 'n doolhof elke padjie wat jy vat loop op 'n doodloop uit, al genade wat oorbly is boontoe, iewers bo sal ons 'n meer deurtrapte padjie vind. Ek laat weet Tim hy moet gaan, ek hou hom terug, my gawe partner verseker my dat ek netnou weer sal beter voel, ons deel 'n biltong en 'n coke by die uitkykpunt. Tim sê hy gaan solank en met die wegtrekslag sal ek sien my voorste derailer is deur 'n een van David se takke op die Leer uit posisie gebuig.

Sukkel sukkel maak ek die ding reg en trek toe weg, Tim se liggie is reeds vir my verlore. So karring ek aan, die pad is ook deur die Sondvloed verspoel, ek kom by 'n 30m krater wat uit die pad gespoel is al genade is die ompad en ek reken dis so 5km langer en besluit toe maar om die krater aan te val. Dis 'n goeie 5m diep besaai met moerse klippe en opdrifsels, ek spring van een klip na die volgende met my gekrokte fiets, vat my seker 'n goeie 15 minute om ander kant uit te klim. Die laaste 10km na Rouxpos voel soos 'n ewigheid, dit wil net nie klaar nie, en met my aankoms by Rouxpos vind ek dieselfde Sondvloed het ook hulle pad verspoel, die keer seker 'n hele 100m, ek is by Rouxpos ek sien die ligte en tog is ek nog nie daar nie en so ploeter ek deur die gemors tot teen 3H30  eindelik Rouxpos bereik. Tim was net na middernag reeds daar en hy sê ek moet gou slaap en saam met hom in die pad val maar ek reken niks gaan nou gou gebeur nie, ek het mos al die foutjie begaan en ek gaan nou eers rus en dan 9H00 in die pad val......