11/26/2010

Kampvuur

Wanneer 'n mens in die bosveld langs 'n groot knetterende kampvuur sit, hoor 'n mens feitlik geen dieregeluide in die bos nie. Jy is regtig nie eens bewus van enige gevaar van leeus of olifante of wat ook al nie. Maar as daardie vuurtjie begin doodgaan, begin die gevaar al hoe groter raak, en raak 'n mens ook al hoe meer bewus van die dieregeluide. Net iemand wat regtig al gesit het langs 'n kampvuur in die bos wanneer dit besig is om dood te gaan, sal hierdie beeld presies verstaan. Die vuurtjie word al hoe kleiner, en dit word al hoe kouer, en die nag word al hoe swarter, en jy wonder al hoe meer oor die gevare wat in die bos skuil.

Dis presies ook wat met ons geestelike lewe: Hoe sterker die vuur van die Heilige Gees in ons brand, hoe minder vrees ons gevare van buite. Maar hoe flouer God se Gees in ons lewe brand, hoe groter word die gevaar van buite.

Laat die Kampvure hoog brand !!!!!

No comments:

Post a Comment