11/24/2010

Ficksburg Kersie Wedloop

So vertel een van my sogenaamde pêlle enne Eduard Herselman my van die Kersie Run, 'n baie easy run, dit behoort heel maklik vir my te wees. Nie net oorreed hy my nie maar sommer vir Carl Crous ook en aangesien dit deel maak van my oefen program stem ek hart en mond in tot die wedloop.

Wanneer jy met die Freedom Challenge afgereken het loop jy blykbaar met 'n moerse teiken op jou rug rond, om die Challenge klaar te maak is jy die een of ander sogenaamde Yster of Tungsten of so iets, so deel nog 'n sogenaamde pêl Hano Oberholtzer my mee.

Nou ja so met die teiken op die rug, want jy is nou mos 'n challenge vir almal begin ek voorberei vir die Kersie Run en so breek die groot dag toe aan op 20 November 2010. Hier staan ek en Crous elkeen met 'n moerse teiken op die rug, tussen die Klerksdorp Marathon klublede, heetlemal te ver aan die voorrerige kan by die begin.

Ek verneem van almal dat die Kersie nie net sommer 'n run is nie, dis 'n regte RUN, en jy moet voorbereid hier aankom, en ons spring weg teen 5 min / kilo, moerse vinnig. ek besef dis heel te vinnig vir my en die sogenaamde pêlle moet maar gaan. Mnr Crous beweer hy het net eenkeer 4 km gedoen voor die race en ek sien hom ook maar gaan, daar is glo twee bulte, 'n witte en 'n rooie en Eduard hardloop nie met offroad skoene nie want daar is te veel teer.

En so slaat ons die grond, eintlik slaat die grond en die klippe ons, en ek besef dis 'n REGTE race, en ek hol sodat ek net vir Crous in die oog kan hou, en so blaas ek soos 'n goedkoop porn movie, en so stap ek die wit BERG uit, solank ek net vir Crous in die oog kan hou.

Ek besluit om volgende keer ook net 4 km te oefen, want Crous gaan baie goed aan, en so verdwyn Crous op die alemintige sement afdraande, hy verdwyn soos 'n man met 'n groot nood, en ek hol my gat af om hom te vang, maar hy weg, besluit toe maar om net onder 2H30 te doen.

En so voltooi ek my eerste Kersie run in 2H25 en Crous het toe 'n moerse nood gehad en kom toe net na my in, 'n heel aangename helse harde wedloop wat ek volgende jaar weer sal doen.

My pêl Eduard wys ons toe sommer hoe die bokant van die eerte piek van die 4 Peaks Run lyk en net daar besluit ek en Crous dis 'n moerse lekker uitdaaging en ons skryf in vir volgende jaar se 4 Peaks.

No comments:

Post a Comment