11/26/2010

Ficksburg Kersie naweek

My gesin waarvoor ek nou al 'n oorlug vakansie op die maan skuld vir al hul ondersteuning en bystand gedurende al my malligheid.

Sonder die drie so my prestasies nie moontlik gewees het nie, dis 'n moerse voorreg om hulle agter jou te hê.

Alison het klaar gesê dat wanneer sy oud genoeg is gaan sy die Freedom saam met haar Pa doen, ek hoop net ek hou lank genoeg om dit saam met Danielle ook te kan ervaar.




'n Dertig meter hangleer wat Melanie bestyg by Moolmanshoek, ek het nie gedink die leer is so hoog nie.

Die absail teen die tou af is niks, dis daai opklim teen die leer wat met tye koeksister met jou wil speel.

Soos Eduard sê, die eerste piek het nie sy bene gepla nie, maar die touleer se klim het 'n blywende impak gemaak, 'n lekker oefening vir core strength, kyk maar liewer vir die leer en nie af nie, 30 m raak nogal hoog as jy eers daar bo kom.
Op die 1ste Piek van die 4 Peaks race, Eduard het die hele spannetjie, dis nou ek en Crous, oortuig om saam met hom, Hano en Etienne volgende jaar die regte race te kom doen !


Ek en Crous klaar met die Kersie Run, hy smile darem lekker vir 'n man wat net 4 km geoefen het vir die race.










No comments:

Post a Comment