1/16/2012

Die Blou Trein

Die nuwe challenge is hier,

Ek en Melanie het Sondag so draai gaan ry, twee dices opgetel en albei gewen, lyk my die kompeterende aard is maar in my vroutjie ook...... Ek het al baie gewonder of ek die regte ding doen om weer die Freedom aan te pak en ek wens ek kon dit saam met Melanie doen, net sodat sy ook kan weet wat nou eintlik in my mal koppie aangaan. Dalk eendag mens weet nooit, Danielle het klaar haar Pa omgepraat, ek moes pinkie promise dat ek die Freedom eendag saam met haar sal doen, en glo my sy tel die dae af.

Die tandem is bloedgeld, geld wat ek eintlik aan my familie moes spandeer, en ek kry so wrang smaak in my mond as ek so na die kostes kyk. Gelukkig kan ek die ervaring met my boet Werrie deel en ek glo dit gaan die ma van ervarings wees, iets wat ek baie graag met hom wil deel, en wat ons vir altyd gaan onthou.

Die beplande tyd wat ons wil ry ?

Ek weet nie wat ons gaan doen nie, ons gaan verseker klaar maak, dit weet ek. Dat Werrie meer kompeterend as ek is, is so, maar dis 'n tandem, iets nuuts en ons sal onself maar in die eerste paar dae van die race uitsort en dan weet wat om te verwag. Melanie het al 'n paar keer gevra of ons nie dalk maar elkeen op sy eie fiets moet ry nie, maar wat dan van die tandem, die blou trein is nou daar, ons het hom opgesaal en ons gaan hom ry !!!!

En die pienk briek kabels ?

Dis daar om ons te herinner aan al die opofferings en die gesteelde tyd wat mamma Melanie en die kinders Alison en Danielle, en mamma Elitza en die kinders Luann en Hano moes maak en inboet om hulle pappa's gereed te kry vir die Freedom. Dankie my wonderlike vrou en kinders dat julle my malligheid en selfsug kan insien en my toelaat om kwaliteit tyd van julle af te steel, hierdie gaan regtig my laaste jaar wees tot Danielle groot genoeg is.

En die eintlike rede vir die tandem ?

Wel ek is op my laaste in my fietsry loopbaan, ek het nou al redelik alles gedoen wat jy op 'n mountain bike kan doen en ek het 'n rede gesoek om die Freedom vir een laaste keer te kan doen. Ons is vier in die huis en elkeen kort sy eie " blankie " en ek wou graag my broer die Freedom laat ervaar, ek het ook iets gemeenskaplik gesoek wat ek en Melanie saam kon doen. Ek het jare gelede ernstig golf gespeel, op so manier dat ek vir mamma ernstig die donner in gemaak het, jy kan mos nie stop op die 18de gat nie. 'n Pêl van my sê my toe dat die enigste manier om jou sport te geniet was om jou gesin betrokke te maak, Melanie was nog nooit baie mal oor golf nie en die kinders ook nie, en so eindig my golf toe en begin die fietsry ding.

Ek geniet die mountain biking baie, ek dink Danielle nog meer as ek, maar so geniet Melanie en Alison dit ook, en die enigste manier waar ons 'n gemeenskaplike tydverdryf kon kry was die tandem ding. Dis iets anders, 'n nuwe uitdaging, die kinders baklei om saam met pappa te ry en ek glo as Melanie eers lekker fiks is gaan sy ons baie kompeterend maak. Daarom die tandem, om terug te gee aan my gesins wat ek selfsugtig van hulle weggeneem het en dan die ervaring saam met my boet !!!!



1/12/2012

Living a Thankful Life !!!


Life is not about finding the right person, but creating the right relationship.


It's not about how we care in the beginning, but how much we grow and nourish one another in a relationship.

Some people always throw stones in your path. It depends on you what you do with them – build a wall or a bridge? Remember you are the architect of your life.

Search a beautiful heart, not a beautiful face, because beautiful things won’t last forever, but a golden heart does and will prosper you and add value to yourself.

It’s not important to hold all the good cards in life. But it’s important how well you play the cards which you hold.

Often when we lose all hope and think this is the end, GOD whispers, ‘Relax, it’s just a bend, not the end.’

Have Faith, keep faith and see what God will do for you.

One of the basic differences between GOD and man is, GOD gives, gives, gives and forgives. But human gets, gets, gets and forgets.


Be thankful. It’s the least you can do!

1/09/2012

Die Freedom Challenge 'n baie selfsugtige Challenge.

Die Freedom Challenge is seker die beste ervaring wat ek al ooit gehad het, eintlik is dit baie jammer, want my vrou en my kinders is veronderstel om die beste ervaring van my lewe te wees.

Ek wil graag toekomstige Challengers op die voor en nadeel van die baie unieke en lewensveranderende ervaring wys.

Nadele :

  • ERVARING.  Net mense wat aan die challenge deelgeneem het verstaan werklik die ervaring, dis soos army, as jy nie daar was nie kan jy nie saampraat nie. Die slegste van alles is die feit dat jy dit net met mede challenges kan deel, net hulle verstaan regtig die werklikheid van wat met jou gebeur en hoe jy verander op jou tog van self ontdekking. Die probleem kom egter by jou lewensmaat en familie in, hulle het nie 'n idee van wat gebeur nie, al verduidelik jy dit hoe mooi sal hulle nooit die omvang van die challenge verstaan tot hulle nie daaraan deelneem nie.
  • TYD.   Die voorbereiding vir die challenge neem onsaglike ure inbeslag, my simple oefenprogram : Maandag Rus. Dinsdag oggend  2 ure fiets aand 1 uur hardloop. Woensdag oggend 2 ure fiets. Donderdag oggend 2 ure fiets aand 1 uur hardloop. Vrydag oggend 2 ure fiets. Saterdag 5 - 7 ure fiets en Sondag 7 - 12 ure fiets.
  • TYD.    Die oefen program laat baie min tyd oor vir jou familie en die mense wat kosbaar is, wanneer jy nie oefen nie slaap jy, en wanneer jy nie slaap nie werk jy. Bitter min bly oor vir jou mense.
  • SELFSUG.   Jy word selfsugtig want jy lees in jou klein wêreldjie wat niemand wat nie daaraan deelgeneem het verstaan nie.
  • KOSTE.   Dis 'n baie Duur grappie, veral as jy die eerste keer daaraan deel neem. Jy moet die inskrywing betaal, seker die goedkoopste, dan die toerusting wat jy benodig en hier kan jy nie afskeep nie, want jy dra alles met jou saam en dit waarvan jy nie genoeg het nie of glad nie het nie, kan dit vir jou baie onplesierig maak. En dan al die versteekte kostes, jou fiets wat jy vlinters gaan oefen en weer flinters gaan ry op die Challenge, vervoer kostes ens ens. As jy al die kostes bymekaar tel kan jy 'n dik vakansie iewers gaan hou saam met jou gesin.

Voordele :

  • ERVARING. Jy gaan 'n ervaring beleef wat geen geld kan koop nie, jy gaan jou diepste self ondek en hopelik stap jy 'n baie beter mens aan die anderkant uit.
  • WAARDERING. Jy gaan leer om alles weer van vooraf te waardeer, die kleinste dingetjie wat jy al jare gelewe vergeet het gaan jy weer van vooraf waardeer.
  • WAARDERING. Jou mense by die huis, jy gaan van vooraf lief word vir jou vrou en jou kinders, sê dit vir hulle, doen dit gereeld en innig en opreg, sodat hulle presies weet hoe jy daaroor voel.
  • GELOOF. Jy gaan die Hemelse Vader herondek,  die werking van sy Hande gaan jy oral om jou sien, sy Leiding en Beskerming gaan jy ervaar en jy gaan Hom elke dag bedank vir dit wat Hy vir jou doen.

Die Freedom Challenge is in geen opsig sleg vir jou nie, gaan oopkop in die ervaring in en maak jou familie deel van die ervaring, dws 200 % deel, laat hulle jou ontmoet op jou urelange oefensessies langs die pad ontmoet, maak hulle deel van jou aankope, laat hulle jou help om jou roomys blikke te pak, praat elke dag met hulle en vertel hulle wat jy sien en wat jy ervaar, vertel hulle hoe onsaglik lief vir hulle is en hoe verskriklik baie jy hulle mis. Maak hulle deel van jou alles en dit sal nog 'n beter ervaring wees !!!!


Geniet dit.

10/06/2011

2011 Wildrun

 Dag 1 seer voetjies
 Eduard en Esmè
 Dup
Dis Lekker by die See !!!!

9/20/2011

Wildcoast Wildrun 2011


Ek het nie gedink daai maer beentjies van my gaan dit maak nie, maar soos hulle sê
" The Body goes where the Mind goes"

Dit was 'n wonderlike ervaring, elke dag se laaste 10 km was maar hard en moeisaam en ek het met tye gedink aan die malligheid van volgende jaar, ek en my boet op die Bloutrein. Soos ervarings maar werk onthou jy mos gewoonlik net die baie mooi en die hard en op die race was daar altyd mooi, ek moes maar net my kop optel en my oë oopmaak, is dit nie maar ook hoe die lewe werk nie ?

Duiweltjies en groen mannetjies, die goeters wat my laat voortbeur - uitdagings. 'n Mens se hele lewe is gepak van uitdagings en om elke hoek en draai word jy beproef, of deur 'n duiweltjie wat vir jou vertel jy kan dit nie doen nie, of deur 'n groen mannetjie wat jou jaag, of wat jy jaag. Deur die kompeterende aard ondek jy gewoonlik waartoe jy werklik instaat is, soms tot selfs meer as wat jy verwag het en dis die soeke na selfverwesenliking wat my gewoonlik tot hoër hoogtes aanspoor.

Die Wildrun was vir my 'n moerse ervaring, iets wat ek graag met die Ingelsman en die kinders sal wil deel, eendag sal ons as gesin dit saam kan geniet en dit sal die beste ervaring ooit wees al kom ek heel laaste.

9/17/2011

Wildrun The Haven - Hole in the Wall

Om die waarheid te sê het ek gedink ek gaan meer spier seer hê, die spiere is ok, maar my super gripper no slip eelt op my groot toon is verbysterend seer en die ongelykte beespaaitjie wat nie vir twee nommer 12 skoene gemaak is nie help nie juis veel nie.

Die kop medisyne doen sy ding en ek hol deur die pyn, die laaste dag is baie meer op en af as die vorige twee dae, laat my baie aan Lehana's pas dink, gelukkig is ek 'n ou vir die op, maar my lyf wil nie so lekker vinnig af soos op 'n MTB nie. Dis regtig mooi, elke keer as die pyn ondraaglik raak tel ek net my kop op en sien die mooi raak en dan vergeet ek weer.

Die tweede laaste bult is egter 'n killer met min mooi om raak te sien, my linker heup skiet van die pyn as gevolg van die skuins hellings waarteen ons hardloop, ek is weer terug in die beskawing as jy dit 'n beskawing kan noem, herrinner my baie aan die laaste 10 km teer op die Freedom. Jou hele lyf smag na die mooi herrinneringe en natuurskoon agter jou en jy wil nie laat los nie, maar die einde is aan die anderkant.

Netso toe daar nou niks meer oor is om te sien nie verskyn daar 'n string groen mannetjies in die verte en die duiweltjie spring op my skouer, hulle sal my nie wen nie, maak nie saak wat nie en ek beur voort en daar verskyn dit, die Hole in the Wall en ek vergeet van alles en maak gatskoon vir die einde.

Ek maak 44ste kaar in 5H32 en algeheel 46ste, baie trots op myself, my eerste stage offroad run en ek voel goed, ek kan nog loop en spring en dinge doen, ek moet net nie op my super gripper land nie..........


9/16/2011

Wildrun Kob Inn - The Haven 36 km

Asemrowend mooi ! Ons begin met 'n lastige polle klim, nie my bene, kniee of enkels is lus vir die klimmetjie nie.

Gelukkig ontwaak die lyf en voetjie vir voetjie vorder ons, die mooi maak op vir alles ! Die klein duiweljie klim op my skouer en Crous se hardegatgeit skop in. My lovehandles is deurgeskaaf, so ook my tjommie en my alie, die inner van my broek dien as 'n sandvanger met die rivierkruisings en skaaf alles moertoe.

'n Groen mannetjie steek my verby en die tor val af en ek besluit seer of nie hy gaan my nie wen nie, met my shuffle jaag ek hom, ek lyk soos 'n seekat wat skulpe optel, maar jaag, jaag ek. Ek moes seker verskriklik gelyk het, want die groen mannetjie begin hol, ongelukkig vir hom het hy nie geweet ek kan swem nie en by die laaste rivierkruising steek ek hom verby.

Met die moerse blase wat soos ekstra tone lyk slaan ek die 6x6 super grippers in die sand en die groen manntjie jaag my en toe maak ons maar saam klaar 5H01.

Ek is lekker seer, sal maar sien wie more my tor laat val.....
Sent from my BlackBerry® wireless device