1/09/2012

Die Freedom Challenge 'n baie selfsugtige Challenge.

Die Freedom Challenge is seker die beste ervaring wat ek al ooit gehad het, eintlik is dit baie jammer, want my vrou en my kinders is veronderstel om die beste ervaring van my lewe te wees.

Ek wil graag toekomstige Challengers op die voor en nadeel van die baie unieke en lewensveranderende ervaring wys.

Nadele :

  • ERVARING.  Net mense wat aan die challenge deelgeneem het verstaan werklik die ervaring, dis soos army, as jy nie daar was nie kan jy nie saampraat nie. Die slegste van alles is die feit dat jy dit net met mede challenges kan deel, net hulle verstaan regtig die werklikheid van wat met jou gebeur en hoe jy verander op jou tog van self ontdekking. Die probleem kom egter by jou lewensmaat en familie in, hulle het nie 'n idee van wat gebeur nie, al verduidelik jy dit hoe mooi sal hulle nooit die omvang van die challenge verstaan tot hulle nie daaraan deelneem nie.
  • TYD.   Die voorbereiding vir die challenge neem onsaglike ure inbeslag, my simple oefenprogram : Maandag Rus. Dinsdag oggend  2 ure fiets aand 1 uur hardloop. Woensdag oggend 2 ure fiets. Donderdag oggend 2 ure fiets aand 1 uur hardloop. Vrydag oggend 2 ure fiets. Saterdag 5 - 7 ure fiets en Sondag 7 - 12 ure fiets.
  • TYD.    Die oefen program laat baie min tyd oor vir jou familie en die mense wat kosbaar is, wanneer jy nie oefen nie slaap jy, en wanneer jy nie slaap nie werk jy. Bitter min bly oor vir jou mense.
  • SELFSUG.   Jy word selfsugtig want jy lees in jou klein wêreldjie wat niemand wat nie daaraan deelgeneem het verstaan nie.
  • KOSTE.   Dis 'n baie Duur grappie, veral as jy die eerste keer daaraan deel neem. Jy moet die inskrywing betaal, seker die goedkoopste, dan die toerusting wat jy benodig en hier kan jy nie afskeep nie, want jy dra alles met jou saam en dit waarvan jy nie genoeg het nie of glad nie het nie, kan dit vir jou baie onplesierig maak. En dan al die versteekte kostes, jou fiets wat jy vlinters gaan oefen en weer flinters gaan ry op die Challenge, vervoer kostes ens ens. As jy al die kostes bymekaar tel kan jy 'n dik vakansie iewers gaan hou saam met jou gesin.

Voordele :

  • ERVARING. Jy gaan 'n ervaring beleef wat geen geld kan koop nie, jy gaan jou diepste self ondek en hopelik stap jy 'n baie beter mens aan die anderkant uit.
  • WAARDERING. Jy gaan leer om alles weer van vooraf te waardeer, die kleinste dingetjie wat jy al jare gelewe vergeet het gaan jy weer van vooraf waardeer.
  • WAARDERING. Jou mense by die huis, jy gaan van vooraf lief word vir jou vrou en jou kinders, sê dit vir hulle, doen dit gereeld en innig en opreg, sodat hulle presies weet hoe jy daaroor voel.
  • GELOOF. Jy gaan die Hemelse Vader herondek,  die werking van sy Hande gaan jy oral om jou sien, sy Leiding en Beskerming gaan jy ervaar en jy gaan Hom elke dag bedank vir dit wat Hy vir jou doen.

Die Freedom Challenge is in geen opsig sleg vir jou nie, gaan oopkop in die ervaring in en maak jou familie deel van die ervaring, dws 200 % deel, laat hulle jou ontmoet op jou urelange oefensessies langs die pad ontmoet, maak hulle deel van jou aankope, laat hulle jou help om jou roomys blikke te pak, praat elke dag met hulle en vertel hulle wat jy sien en wat jy ervaar, vertel hulle hoe onsaglik lief vir hulle is en hoe verskriklik baie jy hulle mis. Maak hulle deel van jou alles en dit sal nog 'n beter ervaring wees !!!!


Geniet dit.

No comments:

Post a Comment