6/19/2012

When we stand together - Nickelback


One more depending on a prayer
And we all look away
People pretending everywhere
It's just another day

There's bullets flying through the air
And they still carry on
We watch it happen over there
And then just turn it off

We must stand together
There's no giving in
Hand in hand forever
That's when we all win
That's, that's, that's when we all win
That's, that's, that's when we all win

They tell us everything's alright
And we just go along
How can we fall asleep at night?
When something's clearly wrong

When we could feed a starving world
With what we throw away
But all we serve are empty words
That always taste the same


We must stand together
There's no giving in
Hand in hand forever
That's when we all win
That's, that's, that's when we all win
That's, that's, that's when we all win

The right thing to guide us
Is right here, inside us
No one can divide us
When the light is nearly gone
But just like a heartbeat
The drumbeat carries on

And the drumbeat carries on
(Just like a heartbeat)

We must stand together
There's no giving in
Hand in hand forever
That's when we all win
That's, that's, that's when we all win
That's, that's, that's when we all win

5/25/2012

Ons Ry op Water !!

 Ons ry op Water..........

Net, net, want 220 kg dryf nie so lekker nie, Werrie het op 'n staduim so histeriese laggie ge-uiter, en ek het op 'n keer die manne agter ons hulle asems hoor ophou.

220 Kg is swaar genoeg om die agterste man te laat sink, en as hy sink gaan ek bodem toe saam met hom. Die probleem is, ek weet nie hoe diep die dam is nie, ek weet ook nie hoe gou ek my pote uit die trappe gaan kry nie en ek glo nie die blou trein gaan dryf nie.

Dis toe nou nie so maklik soos ry net oor nie, nee, want die agterwiel spoor nie met die voorwiel om draaie nie en dan ry jy op 'n drywende bruggie gemaak uit palette. Jy moet dus wyd met die voorwiel om die draai gaan sodat die agterwiel net- net op die bruggie bly en dit moet teen 'n redelike spoed gebeur, anders sink die hele kontrapsie.




Nog 'n probleem wat om die draaie ontstaan is die laterale kanteling van die palette, die trein wil dus met die voorwiel links afgly en die agterwiel regs af. die groot geluk daarvan is indien dit sou gebeur dat albei wiel gelyk af sou gly ons bo-op die brug gestrand sou sit.........

Die bruggie het ek sonder my selfoon ( het al by 'n vorige geleentheid geleer hulle kan nie swem nie ) en met kinderlike geloof aangeval, die laaste draai het my amper laat twyfel toe die palette baie lig en die kans goed was dat ons in die dam gly.

Gelukkig het ek 'n helse enjin in Werrie en het hy ons deur die drif GEPOWER anders het ons gesink...........


5/21/2012

Ons Eerste Oorlog

Die Blou trein na die Sani2C oorlog


Daar het jy dit, Werrie is nou 'n regte tandem stoker. Werner was baie onseker oor die hele tandem idee< hy het immers voor die Sani nog nooit tandem gery nie. Meer bevrees was my ma, sy dink mos ek is 'n tiran en dat ek almal wil opvreet vir breakfast, Melanie het haar egter verseker dat ek 'n baie bedagsame vredeliewende wese op 'n fiets is. Ek weet my lont is nie baie lank nie, maar ek glo baie weet dat ek heeltemal 'n ander mens is in die naruur, waar ek die werking en liefde ons ons Hemelse vader kan geniet.

Ek en Werner het baie goed bymekaar gepas, inaggenome die feit dat hy nog nooit tandem gery het nie, ons albei is baie kompeterend van aard en ons glo elkeen weet die beste. Gelukkig vir my het ek my senioriteit van 'n jong ouderdom op hom afgedwing, hy weet wie is BAAS en basta met die res.........ek het dan die stokke, die gears en die brieke, wat kan hy anders doen as trap en saam stem ?

Wel vir een :

Wanneer hy nie stilsit nie bepaal hy die rigting met sy meer pikante lyfie, alhoewel ek stuur kan hy met sy lyfbewegings die hele rigting van die tandem verander.

Hy kan ons ook uit die moeilikheid uit trap, daai pikante lyfie van hom berg 'n helse hoeveelheid energie, wat vir groot momentum sorg wanneer dit benodig word.

Die switchbacks, sonder sy lê in die draaie sou ek seker reguit afgedonner het.

Dan die humorsin, ou Werrie het altyd tyd vir 'n grappie en wanneer my lont kort word is so grappie nogal nodig.

Wat het ek geleer ?

  • Dat die tandem 'n effortless machine is, ek werk nie naasteby so hard soos op 'n gewone fiets nie, selfs teen die klimme het ons onder die gewone fietse uitgetrek. Dit kan dalk wees dat Werrie ekstra hard gewerk het en ek net geloaf het, maar ek sal hom nooit sê indien dit die geval was nie.
  • Die tandem soek oop paaie, hy hou nie van single track nie, single track maak jou verskriklik baie hard werk, jy moet myle vooruit dink, dink vir jouself en dan dink vir jou partner en die Sani se boom single track verander in 'n nagmerrie. Nie net moet ons vir die bome koets nie, maar ook vir die boomstompe en klippe en die gate en hobbels hier en daar.
  • Ek sal my bolyf baie sterker moet maak, sal maar die spinasie inryg sodat ek Popeye arms en skouers kan kry.
  • MY handjies, jy moet die handlebars vashou en jy gebruik die brieke, jou hande word eers lam en dan gaan hulle dood en jy weet jy kan nie die handelbars los nie.
  • Dat dit lekker is om saam met my boet te ry en dat ons 'n goeie team op die Freedom sal maak.            
Daar was 'n paar manne wat omgekrap was omdat hulle nie die single track kon geniet soos hulle graag wou nie, maar soos hulle tereg erken het, kon hulle ons nooit verbysteek na die single track nie, die blou trein het soos 'n pyl uit 'n boog onder hulle uitgetrek in die oop paaie. Maar die blou trein was goed ook vir hulle, waar hulle kon het hulle 'n lang slangetjie agter ons gevorm en die slip baie geniet, soveel so dat hulle ons eerste in die single track toegelaat het al was ons stadiger.

Oomblike van die Sani

  • Die waterbruggie op dag een, kyk my pa het nie bang kinders groot gemaak nie, maar ek was baie versigtig, ek hou van die koue maar swem waar die ryp spierwit lê was nie 'n opsie nie. Ons het dit gemaak, al het Werner die laaste paar draai met die voete die water geklits, die bruggie is nie heeltemal gebou vir 220 kg nie.
  • Werner het slapelose nagte gehad oor die single track af in die Umkomaas vallei, wel 'n paar gewone fietsryers het nou ook slapelose nagte, die Blou Trein het die Umkomaas bestorm en ek moes aan die briek hang, die ceramic downhill pads het bloumoord geskree, soveel so dat 15 man op 'n staduim na Nick's Pass ons gesmeek het om hulle verby te gaan.
  • Dag 2 op 50 km bonk Werner omdat hy besluit het dis 'n training ride en hy hoef nie te eet nie, kyk ek sukkel klaar om 100 kg teen die berge uit te sleep maar 220 kg was net te veel. Ek moes maar my broederlike plig doen en het in baie duidelike Afrikaans aan hom verduidelik om te eet, wat hy toe gedoen het.
  • Die bult in Vernon Crook wat Werrie nie met 'n gewone fiets kon uitry nie, het ons baie, baie amper met die trein uitgery, was dit nie vir die gladde gras 10m van bo nie het ons dit gemaak.
  • en dan die laaste 10 km na die einde, oop pad Blou Trein kos, die manne kon nie eers hak en 'n slangetjie maak nie ons was net te vinnig.
Dankie ou Werrie sonder jou sou ek nie alleen kon nie, en ek gaan dit verseker weer saam met jou doen.

Blou Trein Sani2C Stage 1




Dag 1 4H26

Ek het iewers gelees " To run faster, you have to run faster " dieselfde geld seker vir fietsry ook, 'n mens moet seker oefen om te kan ry. Die 80 km was my eerste 80 km van die jaar en glo my ek het dit gevoel.

Dit was ook boet Werner se eerste spin op die tandem en hy het bledie goed gedoen, ek glo as ek meer oefen sal ons 'n gedugte span maak. Was dit nie vir Werrie nie was ek dood, dis die voordeel van 'n tandem een ou kan bietjie lui wegsteek....

Die bruggie oor die water, wel ek het my sel in die box gepak uit vrees vir verdrinking, ek het nou mos al een verdrink. Ons het dit gemaak !!! Werrie se gat het amper gesink en hy het op 'n staduim die water ernstig met die voete geklits, ons weeg immers 200 kg + en iemand moet sink.

Die single track, hmmmm dis nou vir jou 'n ander ding, jy veg die trein om elke hoek en draai, my arms en hande is moertoe, dis glad nie grappies nie, momentum het 'n rigting van sy eie en om 200 kg te veg maak jou seer.

Die ander ding, knoppe en duike in die pad het 'n manier om Werries op my rug te wiplash, die fiets het Werrie verskye kere op my rug gelaunch.

En wanneer ons spoed vang op die flats maak ons 'n moerse Trein ons het op 'n staduim 15 manne agter ons gehad.

Maar die tandem bly lekker !!!!

Vuur warm pikswart rotor

Met 200 kg moet 'n rotor lekker vasvat om die manne te stop, gelukkig doen die brieke nog hulle ding.
Sent from my BlackBerry® wireless device

4/06/2012

Nuwe Challenge !!!!!

Die nuwe Challenge in my lewe.

In my klein wêreldjie gebeur dinge baie vinnig, eintlik soos 'n groot maagspoel.......

Die een Vrydag oggend gaan ek nog werk toe en teen die aand het ek blitsig 'n besigheid gekoop, sonder dat ek geweet het dit gaan gebeur. So is alle Challenges in die lewe maar, dit kom soos 'n groot maagspoel, en met tye gee dit jou 'n helse Smile en ander kere 'n maagspoel.

Ek is maar gebou vir 'n Chalelnge, uitdaagings vul my lewe en sodra ek my doel bereik het, moet ek die volgende uitdaaging aanval, in die geval Glass North West. Ek is blykbaar 'n moeilike perd om vir 'n baas te werk, te reguit en regied, dis of swart of wit, grys areas bestaan nie vir my nie en ons speel volgens die reëls. Nie almal stem altyd saam met my manier van doen nie, veral nie in die wêreld waarin ons nou leef nie, daarom hou ek van uitdaagings waar ek in beheer is.

Ek het my beste gegee en in die poging het ek twee jaar agtereenvolgens die GM toekenning van "Verkoopsbestuurder van die Jaar" verower, iets wat ek nie sou kon doen sonder die span wat saam met my gewerk het nie, en ek is baie trots op hulle. Ek sê altyd ek is maar net die bestuurder van die vaartuig, ek hou die stuurwiel vas en gee rigting en sonder die enjin en die res van die vaartuig sou ons nêrens heen kon gaan nie. Ek het die top punt van my bestuurs loopbaan bereik en was soekend na die nuwe uitdaaging, ek het nie geweet waarna ek soek nie, maar ek het geweet ek soek.

En so daag "Glass North West" op voor my deur, en in 'n oogwink besluit ek dis my nuwe uitdaaging. Die bottervlieë het al kom draai in die maag en sal seker weer kom draai, maar ek is in my element, ek geniet elke oomblik en dit kan net beter gaan. Alle dank aan die Liewe Vader wat die besigheid oor my pad gebring het, dit is vir my 'n groot voorreg om my talente, kennis en ervaring tot Sy Wil aan te wend.

En die Freedom Challenge ?

Man ek gaan dit mis, net soos in my lewe, glo ek dat ek my beste gegee het, ok ek dink ek kan nog so dag of wat afskaaf aan my beste poging sover, maar my oogmerk het verander. Ek wil dit graag saam met my familie deel, ek wil dit so graag met Melanie deel en die kinders is nog te klein om dit te mag doen, daarom het ek my broer oorrompel en besluit op die tandem.

Die ervaring wil ek graag saam met my broer deel, byde van ons is maar kompeterend van aard en ek glo ons sal 'n goeie span maak, maar ons poging gaan moet wag tot volgende jaar. Ek vind myself baie aande staar na die sterre, diep binne my is daar 'n hunkering na die Freedom Challenge, dis dalk die Challenge van my lewe en dalk die enigste plek waar ek myself kan uitleef en vind. My hart wil skeur as ek net daaraan dink dat ek dit nie gaan mee maak nie, maar soos alles in die lewe met God se Wil gebeur, netso het die Here die besigheid op my pad geplaas en daarom sal ek met my talente woeker tot Hy my weer 'n kans gee om die Freedom te geniet.