5/21/2012

Blou Trein Sani2C Stage 1




Dag 1 4H26

Ek het iewers gelees " To run faster, you have to run faster " dieselfde geld seker vir fietsry ook, 'n mens moet seker oefen om te kan ry. Die 80 km was my eerste 80 km van die jaar en glo my ek het dit gevoel.

Dit was ook boet Werner se eerste spin op die tandem en hy het bledie goed gedoen, ek glo as ek meer oefen sal ons 'n gedugte span maak. Was dit nie vir Werrie nie was ek dood, dis die voordeel van 'n tandem een ou kan bietjie lui wegsteek....

Die bruggie oor die water, wel ek het my sel in die box gepak uit vrees vir verdrinking, ek het nou mos al een verdrink. Ons het dit gemaak !!! Werrie se gat het amper gesink en hy het op 'n staduim die water ernstig met die voete geklits, ons weeg immers 200 kg + en iemand moet sink.

Die single track, hmmmm dis nou vir jou 'n ander ding, jy veg die trein om elke hoek en draai, my arms en hande is moertoe, dis glad nie grappies nie, momentum het 'n rigting van sy eie en om 200 kg te veg maak jou seer.

Die ander ding, knoppe en duike in die pad het 'n manier om Werries op my rug te wiplash, die fiets het Werrie verskye kere op my rug gelaunch.

En wanneer ons spoed vang op die flats maak ons 'n moerse Trein ons het op 'n staduim 15 manne agter ons gehad.

Maar die tandem bly lekker !!!!

No comments:

Post a Comment