5/25/2012

Ons Ry op Water !!

 Ons ry op Water..........

Net, net, want 220 kg dryf nie so lekker nie, Werrie het op 'n staduim so histeriese laggie ge-uiter, en ek het op 'n keer die manne agter ons hulle asems hoor ophou.

220 Kg is swaar genoeg om die agterste man te laat sink, en as hy sink gaan ek bodem toe saam met hom. Die probleem is, ek weet nie hoe diep die dam is nie, ek weet ook nie hoe gou ek my pote uit die trappe gaan kry nie en ek glo nie die blou trein gaan dryf nie.

Dis toe nou nie so maklik soos ry net oor nie, nee, want die agterwiel spoor nie met die voorwiel om draaie nie en dan ry jy op 'n drywende bruggie gemaak uit palette. Jy moet dus wyd met die voorwiel om die draai gaan sodat die agterwiel net- net op die bruggie bly en dit moet teen 'n redelike spoed gebeur, anders sink die hele kontrapsie.




Nog 'n probleem wat om die draaie ontstaan is die laterale kanteling van die palette, die trein wil dus met die voorwiel links afgly en die agterwiel regs af. die groot geluk daarvan is indien dit sou gebeur dat albei wiel gelyk af sou gly ons bo-op die brug gestrand sou sit.........

Die bruggie het ek sonder my selfoon ( het al by 'n vorige geleentheid geleer hulle kan nie swem nie ) en met kinderlike geloof aangeval, die laaste draai het my amper laat twyfel toe die palette baie lig en die kans goed was dat ons in die dam gly.

Gelukkig het ek 'n helse enjin in Werrie en het hy ons deur die drif GEPOWER anders het ons gesink...........


No comments:

Post a Comment