Ons ry op Water..........
Net, net, want 220 kg dryf nie so lekker nie, Werrie het op 'n staduim so histeriese laggie ge-uiter, en ek het op 'n keer die manne agter ons hulle asems hoor ophou.
220 Kg is swaar genoeg om die agterste man te laat sink, en as hy sink gaan ek bodem toe saam met hom. Die probleem is, ek weet nie hoe diep die dam is nie, ek weet ook nie hoe gou ek my pote uit die trappe gaan kry nie en ek glo nie die blou trein gaan dryf nie.
Dis toe nou nie so maklik soos ry net oor nie, nee, want die agterwiel spoor nie met die voorwiel om draaie nie en dan ry jy op 'n drywende bruggie gemaak uit palette. Jy moet dus wyd met die voorwiel om die draai gaan sodat die agterwiel net- net op die bruggie bly en dit moet teen 'n redelike spoed gebeur, anders sink die hele kontrapsie.
Nog 'n probleem wat om die draaie ontstaan is die laterale kanteling van die palette, die trein wil dus met die voorwiel links afgly en die agterwiel regs af. die groot geluk daarvan is indien dit sou gebeur dat albei wiel gelyk af sou gly ons bo-op die brug gestrand sou sit.........
Die bruggie het ek sonder my selfoon ( het al by 'n vorige geleentheid geleer hulle kan nie swem nie ) en met kinderlike geloof aangeval, die laaste draai het my amper laat twyfel toe die palette baie lig en die kans goed was dat ons in die dam gly.
Gelukkig het ek 'n helse enjin in Werrie en het hy ons deur die drif GEPOWER anders het ons gesink...........
Beleef die dag vir dag ervarings en omswerwings van my gedurende 'n Freedom Challenge..... " You have never lived until you have challenged life, and for those who have, life has a flavour the protected will never know " Marnitz Nienaber " Make your journey count, make a difference " David Grier Miles for Smiles
5/25/2012
5/21/2012
Ons Eerste Oorlog
Die Blou trein na die Sani2C oorlog |
Ek en Werner het baie goed bymekaar gepas, inaggenome die feit dat hy nog nooit tandem gery het nie, ons albei is baie kompeterend van aard en ons glo elkeen weet die beste. Gelukkig vir my het ek my senioriteit van 'n jong ouderdom op hom afgedwing, hy weet wie is BAAS en basta met die res.........ek het dan die stokke, die gears en die brieke, wat kan hy anders doen as trap en saam stem ?
Wel vir een :
Wanneer hy nie stilsit nie bepaal hy die rigting met sy meer pikante lyfie, alhoewel ek stuur kan hy met sy lyfbewegings die hele rigting van die tandem verander.
Hy kan ons ook uit die moeilikheid uit trap, daai pikante lyfie van hom berg 'n helse hoeveelheid energie, wat vir groot momentum sorg wanneer dit benodig word.
Die switchbacks, sonder sy lê in die draaie sou ek seker reguit afgedonner het.
Dan die humorsin, ou Werrie het altyd tyd vir 'n grappie en wanneer my lont kort word is so grappie nogal nodig.
Wat het ek geleer ?
- Dat die tandem 'n effortless machine is, ek werk nie naasteby so hard soos op 'n gewone fiets nie, selfs teen die klimme het ons onder die gewone fietse uitgetrek. Dit kan dalk wees dat Werrie ekstra hard gewerk het en ek net geloaf het, maar ek sal hom nooit sê indien dit die geval was nie.
- Die tandem soek oop paaie, hy hou nie van single track nie, single track maak jou verskriklik baie hard werk, jy moet myle vooruit dink, dink vir jouself en dan dink vir jou partner en die Sani se boom single track verander in 'n nagmerrie. Nie net moet ons vir die bome koets nie, maar ook vir die boomstompe en klippe en die gate en hobbels hier en daar.
- Ek sal my bolyf baie sterker moet maak, sal maar die spinasie inryg sodat ek Popeye arms en skouers kan kry.
- MY handjies, jy moet die handlebars vashou en jy gebruik die brieke, jou hande word eers lam en dan gaan hulle dood en jy weet jy kan nie die handelbars los nie.
- Dat dit lekker is om saam met my boet te ry en dat ons 'n goeie team op die Freedom sal maak.
Oomblike van die Sani
- Die waterbruggie op dag een, kyk my pa het nie bang kinders groot gemaak nie, maar ek was baie versigtig, ek hou van die koue maar swem waar die ryp spierwit lê was nie 'n opsie nie. Ons het dit gemaak, al het Werner die laaste paar draai met die voete die water geklits, die bruggie is nie heeltemal gebou vir 220 kg nie.
- Werner het slapelose nagte gehad oor die single track af in die Umkomaas vallei, wel 'n paar gewone fietsryers het nou ook slapelose nagte, die Blou Trein het die Umkomaas bestorm en ek moes aan die briek hang, die ceramic downhill pads het bloumoord geskree, soveel so dat 15 man op 'n staduim na Nick's Pass ons gesmeek het om hulle verby te gaan.
- Dag 2 op 50 km bonk Werner omdat hy besluit het dis 'n training ride en hy hoef nie te eet nie, kyk ek sukkel klaar om 100 kg teen die berge uit te sleep maar 220 kg was net te veel. Ek moes maar my broederlike plig doen en het in baie duidelike Afrikaans aan hom verduidelik om te eet, wat hy toe gedoen het.
- Die bult in Vernon Crook wat Werrie nie met 'n gewone fiets kon uitry nie, het ons baie, baie amper met die trein uitgery, was dit nie vir die gladde gras 10m van bo nie het ons dit gemaak.
- en dan die laaste 10 km na die einde, oop pad Blou Trein kos, die manne kon nie eers hak en 'n slangetjie maak nie ons was net te vinnig.
Blou Trein Sani2C Stage 1
Dag 1 4H26
Ek het iewers gelees " To run faster, you have to run faster " dieselfde geld seker vir fietsry ook, 'n mens moet seker oefen om te kan ry. Die 80 km was my eerste 80 km van die jaar en glo my ek het dit gevoel.
Dit was ook boet Werner se eerste spin op die tandem en hy het bledie goed gedoen, ek glo as ek meer oefen sal ons 'n gedugte span maak. Was dit nie vir Werrie nie was ek dood, dis die voordeel van 'n tandem een ou kan bietjie lui wegsteek....
Die bruggie oor die water, wel ek het my sel in die box gepak uit vrees vir verdrinking, ek het nou mos al een verdrink. Ons het dit gemaak !!! Werrie se gat het amper gesink en hy het op 'n staduim die water ernstig met die voete geklits, ons weeg immers 200 kg + en iemand moet sink.
Die single track, hmmmm dis nou vir jou 'n ander ding, jy veg die trein om elke hoek en draai, my arms en hande is moertoe, dis glad nie grappies nie, momentum het 'n rigting van sy eie en om 200 kg te veg maak jou seer.
Die ander ding, knoppe en duike in die pad het 'n manier om Werries op my rug te wiplash, die fiets het Werrie verskye kere op my rug gelaunch.
En wanneer ons spoed vang op die flats maak ons 'n moerse Trein ons het op 'n staduim 15 manne agter ons gehad.
Maar die tandem bly lekker !!!!
Vuur warm pikswart rotor
Met 200 kg moet 'n rotor lekker vasvat om die manne te stop, gelukkig doen die brieke nog hulle ding.
Sent from my BlackBerry® wireless device
Sent from my BlackBerry® wireless device
Subscribe to:
Posts (Atom)