7/01/2013

Laaste Dag Trouthaven - Diemersfontein. Nou kom ons NADER !!!!

Na my gespek met Martin besluit ek wyslik om maar eers die ligte te laai en 'n laaste slapie te vat voor die finale aanslag. Eet 'n ietsie, drink 'n ietsie en slaap 'n ietsie.....

Spring 4H10 weg die donker nag in, 5H00 begin ek met Stetteyns, dis nog donker en ek maak goeie vordering, teen 6H00 is ek by die 1ste rivier kruising en die Bulldozer kom in werking. Dis ek en Stetteyns en die keer is ek stoksiek alleen, nie eers 'n kraai of 'n bobbejaan nie, net ek en Stetteyns, en Stetteyns is weer besig om toe te groei. Ek weet nie wanneer dit 'n lekker plek gaan word nie, dis 'n plek van marteling en alleen is dit uitmergelend, al wat oorbly is om te fokus op die nek in die verte. Ek is onder die indruk ek is besig met my 14de dag en ek skraap 'n pad vir die ander manne, na drie jaar het ek al elke moontlike opsie gevat en die keer oefen ek net die regte opsies uit, word bietjie vasgevang in die vaarings net voor die laaste rivier kruising. Met geweld breek ek 'n pad vir my oop deur die rivier en onsnap ek van die laaste greep van Stetteyns, 5ure toe's ek klaar met die kloof en oppad uit na Mel en die kinders !!!

Teen 14H00 is ek nevermind Nader ek is Klaar, ek is lus om te huil, die gevoelens speel in my oë, en ek wonder gaan ek nou leer skaak speel, of gaan ek weer eendag die Challenge aanpak ?

No comments:

Post a Comment