7/01/2013

Dag 13 Anysberg - Montagu - McGregor - Trouthaven. Nog nie Nader

Klaas Vakie oorval my so 30km van Anysberg, eintlik besluit ek, ek moet slaap omdat ek 24 uur laas so gemaak het. Dis donker maan en hopelik wanneer ek wakker word kan ek weer die landskap raak sien en seker maak ek is op die regte pad.

Ek klim in my mummy Freedom slaapsak, voor ek begin het was ek 'n groot seun, pas nog steeds styf in die slaapsak. Maak net seker ek stel die wekker en sit dit in my baadjie se sak net incase my kniee en die koue my nie wakker maak nie. Nou het jy al gesien hoe spartel ek om die foon in my sak in die hande te kry as die wekker afgaan, jy moet jouself eers afrol en uitrol so tipe van 'n Houdini trick.

Met 2 ure slaap rol ek by Anysberg in, maak gou 'n warm noodle sop, kraggies vir die tog. Ek sien liggies aankom in die verte, dog eers dis die werkers, dis team onion, nie vir die reuk nie maar vir die lae wat die 3 manne dra. Ek is bly daar is weer iemand om saam te ry, hulle vra wie's dit en ek antwoord: Marnitz

Nou hoekom is dit dat wanneer jy jouself voorstel die ander manne in erge race mode gaan ??? Hulle ry, ek sluk my sop en neem aan ek gaan hulle nou-nou vang en die jaagtog begin en soos Scott my gedoop het Nienader en ook Nieverder bly ek op hulle spoor. Dan kom die liggies nader en dan raak hulle verder en toe besluit ek maar om die bos toilet te gebruik en die aftog te blaas.

In Montagu ontmoet ek die drie racing snakes, hulle is ook oppad na Kasra, hopelik kan ons nou saamry. Een van die drie vra my uit oor die pad, ek verduidelik en sê hulle moet net wag ek wil net 'n stort vang en eet dan ry ek saam. My kos het nog nie eers kans gekry om maag te vat nie toe ek gereed is vir my nuwe vriendskap en weer moes uitvind my nuwe vriende is weer weg, en ek weer op my eie, soos altyd, me myself and I, en ek kom Nienader en ook Nieverder nie. Ek ruik die manne se sweet en net voor Kasra vang ek hulle, vat my kans en verlaat hulle op die portage, ek is dalk nie so vinnig op 'n fiets nie, maar 'n fiets in die hoogvoor kan ek baie goed doen en as hulle nie my maatjies wil wees nie, sal ek maar met myself gesels tot by die einde.

Elsa en Alda van Oestervanger voer my van hulle spesiale gasvryheid en kragkos en ek slaat Trappiekraal met 'n moerse krag, eintlik wat gebeur het is dat in 'n oomblik van helderheid onthou ek van die gummy berry juice wat my pa my gegee het om vir Klaas Vakie op te donner. Ek sluk die goed en die afterburners kom aan, ek maak sommer nou kla en die pad raak kort.

1H10 val ek by Trouthaven in, wonder nog of ek Stetteyns in die nag moet aanval. Martin het gesê ek moet wag vir eerste lig, maar ek is lus om hom bloedneus te slaan. Al probleem my ligte kort 'n 2 uur charge en ek besluit toe maar op 'n aanval 4H00......





No comments:

Post a Comment