1/16/2012

Die Blou Trein

Die nuwe challenge is hier,

Ek en Melanie het Sondag so draai gaan ry, twee dices opgetel en albei gewen, lyk my die kompeterende aard is maar in my vroutjie ook...... Ek het al baie gewonder of ek die regte ding doen om weer die Freedom aan te pak en ek wens ek kon dit saam met Melanie doen, net sodat sy ook kan weet wat nou eintlik in my mal koppie aangaan. Dalk eendag mens weet nooit, Danielle het klaar haar Pa omgepraat, ek moes pinkie promise dat ek die Freedom eendag saam met haar sal doen, en glo my sy tel die dae af.

Die tandem is bloedgeld, geld wat ek eintlik aan my familie moes spandeer, en ek kry so wrang smaak in my mond as ek so na die kostes kyk. Gelukkig kan ek die ervaring met my boet Werrie deel en ek glo dit gaan die ma van ervarings wees, iets wat ek baie graag met hom wil deel, en wat ons vir altyd gaan onthou.

Die beplande tyd wat ons wil ry ?

Ek weet nie wat ons gaan doen nie, ons gaan verseker klaar maak, dit weet ek. Dat Werrie meer kompeterend as ek is, is so, maar dis 'n tandem, iets nuuts en ons sal onself maar in die eerste paar dae van die race uitsort en dan weet wat om te verwag. Melanie het al 'n paar keer gevra of ons nie dalk maar elkeen op sy eie fiets moet ry nie, maar wat dan van die tandem, die blou trein is nou daar, ons het hom opgesaal en ons gaan hom ry !!!!

En die pienk briek kabels ?

Dis daar om ons te herinner aan al die opofferings en die gesteelde tyd wat mamma Melanie en die kinders Alison en Danielle, en mamma Elitza en die kinders Luann en Hano moes maak en inboet om hulle pappa's gereed te kry vir die Freedom. Dankie my wonderlike vrou en kinders dat julle my malligheid en selfsug kan insien en my toelaat om kwaliteit tyd van julle af te steel, hierdie gaan regtig my laaste jaar wees tot Danielle groot genoeg is.

En die eintlike rede vir die tandem ?

Wel ek is op my laaste in my fietsry loopbaan, ek het nou al redelik alles gedoen wat jy op 'n mountain bike kan doen en ek het 'n rede gesoek om die Freedom vir een laaste keer te kan doen. Ons is vier in die huis en elkeen kort sy eie " blankie " en ek wou graag my broer die Freedom laat ervaar, ek het ook iets gemeenskaplik gesoek wat ek en Melanie saam kon doen. Ek het jare gelede ernstig golf gespeel, op so manier dat ek vir mamma ernstig die donner in gemaak het, jy kan mos nie stop op die 18de gat nie. 'n Pêl van my sê my toe dat die enigste manier om jou sport te geniet was om jou gesin betrokke te maak, Melanie was nog nooit baie mal oor golf nie en die kinders ook nie, en so eindig my golf toe en begin die fietsry ding.

Ek geniet die mountain biking baie, ek dink Danielle nog meer as ek, maar so geniet Melanie en Alison dit ook, en die enigste manier waar ons 'n gemeenskaplike tydverdryf kon kry was die tandem ding. Dis iets anders, 'n nuwe uitdaging, die kinders baklei om saam met pappa te ry en ek glo as Melanie eers lekker fiks is gaan sy ons baie kompeterend maak. Daarom die tandem, om terug te gee aan my gesins wat ek selfsugtig van hulle weggeneem het en dan die ervaring saam met my boet !!!!



1 comment:

  1. Lyk Awesome. Jy en jou boetie moet hom nou net nie staan en breek nie.

    ReplyDelete