Beleef die dag vir dag ervarings en omswerwings van my gedurende 'n Freedom Challenge..... " You have never lived until you have challenged life, and for those who have, life has a flavour the protected will never know " Marnitz Nienaber " Make your journey count, make a difference " David Grier Miles for Smiles
6/17/2013
Dag 2 Klim klim klim Centocow - Banchory
Kom 2H00 by Centocow aan, dis -2 lekker koud, eet en slaap net om 7H30 weg te met die eerste klim. Die stoomtrein het nog nie lekker stoom opgebou nie, maar ek is vol vertroue !!
Maak 'n lekker koffie by die waterval net voor Ntsikeni, Werrie se knie is bietjie seer, maar hy se hy sal oorleef. Dis harde werk, die tandem maak dit nie maklik nie en ons stoei voort. Ons het vir Robbie McIntosh gisteraand in die donker verby gesteek en stil stil sluit hy by ons aan waar ons 'n koppie boeretroos by die waterval geniet. 16H00 by Ntsikeni eet en laat waai, wil graag die nuwe deel doen in die lig, hou nie van kringe in 'n bos nie. Al ooit probeer om 'n 200 kg + tandem in 'n toegegroeide jeeptrack in die nag regop te hou ? Faaaak dis moeilik.
Werrie raak moeg, sy knie raak seer en hy verander in 'n ventertjie en my bene raak moeg. Werrie se ek moenie worry nie want hy weet hy het vir King Kong voor op die trein.... Wanneer 'n man moeg raak maak jy maklik foute, net na Politiuqe ploeter ons in die donker rond opsoek na die jeep track, Werrie klim met sy seer knie amper oor die berg, ek vind die pad en roep hom terug vir die laaste tog na Banchory, hy is poegaai verby en wonder seker ernstig wat hom begewe het om toe te gee tot my malligheid.
Stadig bekruip ons Banchory is die donker, Werrie is doodstil, sy knie is vrek seer en hy verval in 'n diep slaap agter op die trein, die laaste opdraande is net te veel vir my en ek besluit dis tyd om liewer te stoot. Met die stopslag kap kleinboet se kop homself wakker teen my rugsak, Werrie is naby moertoe......
Sy knie is nou verskriklik seer, en ek prop hom vol pynpille in die hoop dat hy gou sal herstel, diep binne my ontwikkel daar 'n kwelling, gaan my boet dit maak ? Ek besluit om more maar af te sien van my beplanning en dit rustig te vat sodat Werrie kan moed skep vir die res van die tog, as ons net Rhodes kan maak sal hy fine wees. So laat ons weer vir Robbie by Ntsikeni agter en sluit ons weer aan by ons begin groepie van Charles Mansfield en Christo van den Heever aan.......
Gaan maar bietjie inlê sodat boet se knie kan herstel en dan maar more mik vir Masakala......

Dag 1 Waaroor dit alles gaan
So besluit ek en kleinboet om die Freedom sommer op 'n tandem te doen. Hoekom ? Sommer vir die ervaring en om geld in te samel vir kinders met outisme www.ablecentre.org.za
Nou ja ek het geweet dis moeilik maar ek het nie geweet ek gaan 'n draai by die poorte van die hel maak nie. Die stoomtrein is swaar, vrek swaar en die Umkomaas vallei is goddelos en genadeloos en net om af te sluit gooi hulle ons met 'n beeetch van 'n klim aan die einde. Hulle noem haar Hela Hela en sy is 'n vet Beeeetch.
Klein boet brul bietjie, eintlik bietjie baie en dit veroorsaak dat grootboet ernstig voor op die tandem brul. Werrie moes seker maar bietjie harder ge-oefen het maar dis nou te laat. Ons maak Minerva en die wit salpeter oorval vir kleinboet, ons sal dit bietjie stadiger moet vat as wat ek beplan het, gelukkig is dit afdraande na die Umkomaas. Om die Umkomaas oor te steek met 'n gewone fiets is 'n bliksem, maar met 'n gelaaide tandem is dit die mother bliksem. Werner brul Hela Hela opdraande uit en al genade vir my is om die tandem die hoogtes uit te stoot sodat klienboet 'n blaaskans kan geniet en kragte kan wen vir die dag wat oorbly.
Kom laat by Allandale aan, Werner wil briek, maar daar is geen keer aan ouboet se wilskrag nie en in die donker val ons in die pad na Centocow. Werrie besluit om van agter te navigeer en ek vat 'n vroeë linksdraai net om die perfekte sirkel vir David in die bos te ry, sommer twee keer net om hom lekker te laat lag.....
Ek ontneem Werner van sy navigasie planne en ons beur die donker pad oop na Centocow om laat middernag daar aan te kom. Werrie het vandag hard gestoei, gelukkig weet ek, ek stoei ook maar die eerste dag en hopelik is kleinboet more reg vir die nuwe dag.

6/08/2013
'n Freedom Challenger Gebed
Philippians 4:6-7
6 Do not be anxious about anything, but in every situation, by prayer and petition, with thanksgiving, present your requests to God. 7 And the peace of God, which transcends all understanding, will guard your hearts and your minds in Christ Jesus.
Dankie Here vir die voorreg om aan die Freedom Challenge deel te kan neem , dankie vir die talente, kennis en ervaring waarmee U ons toegerus het, help U ons om dit tot eer van u Naam aan te wend.
Here bring U kalmte in ons harte, panser U ons teen die gevare en wees U die lig vir ons pad.
Here behoed en bewaar U ook ons geliefdes by die huis, omhels U hulle met u ewigdurende liefde en beskerm U hulle teen die gevare van die wêreld. Dankie vir die voorreg om die wonderlike roete, met hul wonderlike mense te kan geniet, Seen u die hande wat vir ons gaan sorg. Help U ons ook om helder te skyn vir U, vorm U ons in die ligdraers wat U graag wil hê ons moet wees.
Here dankie dat ons weet dat U met elke trap en tree by ons is, lei U ons en help U ons om elke oomblik tenvolle te geniet.
Ons vra dit alles uit genade.
Amen

5/20/2013
Vrot Freedom Challenge Skoene
Gebruik Sole Saver voor dit jou skoene oorkom !!!
Die modder druk die sool weg van die plaat wat jou cleat vashou en dan bars jou sool in stukke en dan sukkel jy lekker .........

4/18/2013
Blue Steel boarding the " Bloutrein Freedom Challenge Tandem"
It is with great pleasure that I announce the boarding of Blue Steel Anti-Chafe Cream on the Bloutrein tandem !!!
I have learned from past experience on previous Freedom Challenge events that no matter how strong the engine, if you can't sit on your saddle the engine is worthless. That is why we partnered with Blue Steel, they will be literary saving our backsides.
Blue Steel Sports range has been specifically designed to meet the needs of today's demanding sportspeople. In order to keep your body in the best possible condition and stay on the competitive edge, you need to give it the very best in all over body care products. The Blue Steel Sports range meets this demand.
Blue Steel Anti-Chafe Cream is the ideal sport cream to prevent chafing during all sporting activities, it also contains skin conditioning agents and tea tree oil, a natural anti-inflammatory.
What is also very nice about Blue Steel Anti-Chafe Cream is that we will also be using it on all the cuts and bruises that the Freedom Challenge deals us with, it works perfectly on the hands and shins and it is water resistant !
We are proud to be associated with Blue Steel, they will give us the much needed edge in the chase to the finish line !!

Subscribe to:
Posts (Atom)