6/20/2012

Laat Sy Wil geskied !

Psalm 23
 
Die HERE is my herder,
 niks sal my ontbreek nie. 
 Hy laat my neerlê in groen weivelde,
na waters waar rus is, lei Hy my heen. 
Hy verkwik my siel,
Hy lei my in die spore van geregtigheid, 
om sy Naam ontwil. 
Al gaan ek ook in ‘n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie,
want U is met my, u stok en u staf dié vertroos my. 
U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders,
U maak my hoof vet met olie, my beker loop oor. 
Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe,
en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae.

Ek glo en vertrou dat die Here elke Challenger styf in Sy hande sal vashou en hulle sal Lei elke dag van die Challenge, en ook daarna.


Een ding wat ek deeglik besef het verlede jaar, is dat die Here 'n doel het met alles, ek was oorgereed vir die Challenge, maar ek was alleen. Dit het net oor myself en die ek gegaan, ek was onwrikbaar, niemand sou my stuit nie.


Ek het met 'n moerse slag aarde toe gekom, die eerste keer net voor Slaapkranz, myself disnis geval in 'n stroompie, maar steeds was ek onstuitbaar, ek moes eenvoudig aan.....


Die tweede slag nog bietjie harder, was toe ek siek word, man ek was lanklaas so siek, myself amper begin jammer kry, steeds het ek geskop teen die prikkels, ek mag nie en ek sal nie opgee om in my doel te slaag nie. EK sou dit maak werk.


Op die derde dag het my oë stadig oopgegaan, nadat ek 'n paar ribbes afgeval het, ek wou doodgaan, al die maandelange oefening, al my drome, alles het inmekaar getuimel en ek het myself oorgegee..............


Ek het besef dat ek dit nie alleen kan doen nie, ek het besef dat ek my vrou en kinders heeltemal verwaardeloos het in die strewe na MYSELF, my eie Ego en Selfsug, en my oë het groter oopgegaan, sodat ek die werking van die Here se hande kon raaksien. 


Mag ek nooit weer dieselfde foute begaan nie, dankie dat U my oë vir my oopgemaak het en hou U my oë op U en my wonderlike vrou en kinders gerig.



1 comment:

  1. Dit is net 'n vaste vertroue in onse Here Jesus wat mens op so 'n punt van nederigheid kan bring!

    ReplyDelete