6/29/2015

Prince Albert - Rouxpos

Begin die dag met 'n lekke dice op teen Swartbergpas, kyk as ek dan nie vir Tim en Andrew kan dice nie, mag ons seker die nuwe manne in die toer groep dice. Die nou baie liggewig Ivor sit heel voor en maak die pap dik aan, tweede in bevel is die uwe met sy tank en dan die vyand, Mike, Nic & Andrew. 

Ons sal later pêlle word, dis nou eers tyd om te wys die boere is baas.

Ons is eerste bo en eerste onder, 5H35 na die Hel, ek dink dis damm vinnig,  ons sluk iets, eet iets en maak soos beesmis, val in die pad. Ons jaag tot by die leer en ek stop om vir Ivor te wys waar gaan ons op.

Gaan ons daar op korporaal ?  

Ja regop !!!

Maar korporaal dis dan regop..

Ek weet  !!! 

Ma koropraal, bobbejane klim nie eers daar op nie, hoe moet ek dit met 'n fiets doen ???

Jy gaan regop, kry jou fiets in die hoogvoor, sit jou een voet voor die ander en kyk voor jou!!! 

Ek sal agter jou kyk !!!!

Ma korporaal......


Klim blilsem, KLIM en klim regop dis al wat ek sê!!

Vat ons so 55 minute tot bo, die nou baie skrale Ivor dra amper helfte van sy eie gewig. Nou nie meer so lekker om so dun te wees nie. Ivor sê hy dra sy fiets so lekker, want hy dra sy pikante vroutjie elke aand bed toe teen al die trappe uit.

By die selfoon paal moet ek eers huis toe bel, die verlange is maar groot. Lekker om weer Melanie se stem te kan hoor, sy omdersteun my baie in die malligheid en dis lekker om haar as 'n backup informant te hê.

Wel die boere het die slag van Ketoorskop gewen, my persoonlike beste 5H35 na die Hel en 6H28 na Rouxpos. Ek dink ons beweeg die vinnigste tussen stasies en slaap die meeste, waarvoor kan ons meer vra?



Ek het nou 9 ure slaap wat voorlê en dalk so 11 ure na Montagu voor my volgende 8 ure slaap.....

Onthou asb julle donasie vir die kinders

www.matlaabana.co.za/freedom-challenge.php 

No comments:

Post a Comment