Ingrid is 'n hardegat girl, ek probeer haar oortuig om by Centocow te slaap en dan more saam met ons te ry, maar sy wil niks daarvan hoor nie, sy wat Ingrid Avidon is gaan die eerste girl word wat so op haar eendjie Ntsikeni in die eerste dag haal. Ek moet in alle eerlikheid sê, ek wens ons kan haar join, ek weet ek kan Ntsikeni maak, maar die geskiedenis vertel ek het nog nie......
Ingrid verlaat ons net so na nege, al kopskuddend kyk ek haar agterna, daar is nie juis veel te sê of te doen nie, as dit in jou bloed is, is dit in jou bloed, ek ken die gevoel. Andrew Barnes slaap ook hier en ek het so vermoede hy gaan in die vroeë oggend ure ons verlaat, ek stel die plan aan die manne voor, maar hulle val nie daarvoor nie.
Die honde blaf die heel nag, die wind begin 3H00 ernstig waai, ysreën verander in sneeu en van slaap is daar nie sprake nie, my nek hou my wakker, en die race snake diep binne my knaag stil-stil aan my siel......
Van Race Snake na Sweeping Hyena, hoe de donner gebeur dit? Ek weet nie maar ek geniet dit baie om te weet ek maak die laaste spore op die Freedom Challenge, maar Sweeper, dit gaan nog nie lekker af in my arsenaal nie. Die heel laaste spore, moontlik dalk die heel laaste spore ooit, wie sal kan sê, ek sê dit elke jaar, maar die jaar voel dit soos die werklikheid, en die spore wat ek agterlaat is waaragtig die heel laaste spore.......
Die wind wat vanoggend 3H00 opgesteel het, is besig om gal te braak, heel duidelik de moer in vir enig iemand op 'n fiets en die laaste deel oppad na Ntsikeni word 'n oorlog met die wind, wel vir my 'n oorlog, want my dikgat hou my fiets se wiele op die grond, vir my liggewig vriende vreesaanjaend....En die wind, het die liggewig sy edele Ivor Jones het vandag 'n Momsen Kite verander, die wind het sy fiets gevat, Jones het vasgehou en toe amper saam sy fiets weggewaai.
En ons wonder hoekom ek so swaar is, dis om nie weggewaai te word nie......
Die wind wat vanoggend 3H00 opgesteel het, is besig om gal te braak, heel duidelik de moer in vir enig iemand op 'n fiets en die laaste deel oppad na Ntsikeni word 'n oorlog met die wind, wel vir my 'n oorlog, want my dikgat hou my fiets se wiele op die grond, vir my liggewig vriende vreesaanjaend....En die wind, het die liggewig sy edele Ivor Jones het vandag 'n Momsen Kite verander, die wind het sy fiets gevat, Jones het vasgehou en toe amper saam sy fiets weggewaai.
En ons wonder hoekom ek so swaar is, dis om nie weggewaai te word nie......
Die galbraak wind ken ek, bietjie vroeg die jaar in die race, maar ek ken hom, Ivor en Stuart ken nog nie die wind nie, vir hulle is dit nog iets om aan gewoond te raak en volgens Stuart nie weer om in te ry nie. Die wind verskerp sy aanslag op die wat toegee en Stuart stel voor ons stop by Ntsikeni ????
Ek trap vas en spreek iets van gister was dan heeltemal verniet, dis 6 ure na Glen Edward en ek stel voor ons slaap daar vanaand, dit help nie ons skuil by Ntsikeni vir die wind nie, wat gebeur as die wind more erger waai ????
Ons val in die pad en vernuwe ons aanslag op die ysige wind, wat sal ons maak, ek gee nie oor nie, nooit nie, die plan was Masakala en dit kan ons verander na Glen Edward, maar oorgee en stop, ek, nie maklik nie...
Dis die ou ding, Ntsikeni se graspolle neuk my poephol op. En as dit nie genoeg is nie, het die boer net na Politique besluit om sy pad te ploeg en om my hol verder op te donner, en so hobbel ons die pad af na Glen Edward se gasvryheid, net betyds om die son te sien sak en die ergste koue af te weer.
Weet nog nie wat more gaan inhou nie, sal maar sien hoe waai die wind.....
Moenie vergeet van die kinders nie www.matlaabana/freedom-challenge.php
Mooi Ouboet!!! Vasbyt! Die ander manne raak ok gatseer! Sterkte vir more!!
ReplyDelete