6/19/2015

Dag 4 Malekholonyane - Vuvu 10 ure

Ons probeer die oggend vroeg begin, maar lyk my ek moet meer van Commander Carl Crous in my kry. My 5H00 is blykbaar iets na 5H00, meeste siele nog ooit saam my op die Freedom, ons is ses, ek raak skoon geverbouereerd. Wel ek moet sê Tony, Karen en Ann het in gelid vir my gewag om 5H00 die tog te begin.

Ek wou gister in ligdag die Maria Zell loop doen om vanoggend tyd te spaar, as jy die loop gedoen het kan jy die volgende dag die grondpad neem en aansluit waar jy die vorige dag die grondpad gekruis het, jy spaar ongeveer 'n uur, maar die Zamalek het harder geroep vir Stuart en Ivor. Nodeloos om te sê daar was geen sin om die loop op my eie te doen nie, wie sou dan vir Stuart en Ivor vanoggend pad gevind het.

Gister in ligdag kon ons lekker pad gevind het deur die donga's en die oopstuk veld, vanoggend in die maanlose donker lei ek my troepe af en ek vat die tygerline, die donga is diep en hulle wonder of daar nie 'n beter plek is om die donga oor te steek nie. Ek prewel iets van as jy dit in die donker doen is daar nie tyd om te wag vir ligdag nie, daar is heel waarskynlik 'n beter plek, maar ek het nie die tyd om daarvoor te soek nie en die plek waar ons nou die donga gaan oorsteek is nou die heel beste plek. Ek vat die voortou en donder die donga af en anderkant donner ek die donga op en tien minute later staan ons almal aan die anderkant, ons kon nou nog na 'n meer geskikte oorgangs plek gesoek het......

Na 5 jaar moet 'n man se koers op die roete seker in plek wees,  selfs al maak ek 'n fout sal my volgelinge nooit weet nie, hoe dan anders,  ek word blindelings vertrou en gevolg. Stuart besluit op 'n stadium om die navigasie oor te neem en ons ry so ekstra draai.

Ons stop by Tenana vir 'n koeldrank, elkeen kry 'n sluk uit die blik beker en 'n baie gelukkig klein mannetjie kry die laaste liter van die bottel koeldrank. Hy dink dis krismus, ek verstaan nie 'n woord wat hy sê nie, maar die ry wit tanne vertel my hy is moerse bly met die geskenk wat ek hom gegee het. Ek neem 'n foto van die kaalvoet klonkie en wys die mannetjie hoe hy op 'n foto uitsien en meer tanne verskyn, dis die egte mense van die Freedom, gelukkig met die minste op aarde......

Ivor doop my die korporaal, as die korporaal sê ons gaan hier af en jy dink jy kan nie, hou op dink en volg net die korporaal, jy kan !!!!

'n Mens gaan nie so maklik dood nie,  die maklikste is om net te doen, die korporaal sal vir julle dink....

Ons ry regtig lekker, op pad na die Vuvu vallei maak Karen en Tony so ekstra draai en raak agter, ek is lus om die Vuvu vallei aan te val en hoe nader ons kom hoe hoër raak die pas, en ons betree die vallei en alles val in plek, navigasie 200% reg, in die dag is dit 'n oopboek, in die nag 'n bliksem soos Tim dit ervaar het.

Ons het lekker gery vandag,  spoed was die kernwoord, ons wou oor Lehanas, maar Stuart se kniee het simier geweier, Ann Harrison kom bedank my, sy sê dis haar lekkerste dag ooit op 'n mountain bike gewees en ek wonder so by myself, as sy nou gedink het vandag is lekker wat gaan sy sê van die pad na Rhodes. Vir my begin die race eintlik eers na Rhodes, my suport station familie wag vir my en die paaie, man dis lekker paaie...

En hier sit ek nou, plat op my gat 15H00 in die middag en bak in die son op Vuvu se skool se stoep, 'n eerste keer vir alles nê.....

www.matlaabana.co.za

Kyk net watse glimlag het ek op die mannetjie se gesig gesit, toe ek my kloeldrank met hom deel.

1 comment: