9/08/2015

Ek het genoeg gehad !

Ek wil skree tot die berge antwoord gee
U pottebakker met my die klei
diep in die donker vind ek 'n veilige vestig waar ek kan bly
Ek het genoeg gehad, ek het genoeg gegee
ek het genoeg geskree

In daglig lê ek my wapens neer
ek kan nie meer, my geliefdes word weggesleur
voor U aangesig werp ek my neer
vra U antwoord my o Heer vir 'n laaste keer

Moet ek vlug soos 'n verraaier van die wat ek lief het,
of moet ek aanhou veg, hande bloed gesmeer ?
ek het genoeg gehad, ek het genoeg geskee, 
ek kan nie meer, wat maak ek o Heer ?

en ek wil skree tot die berge antwoord gee
U pottebakker met my die klei
diep in die donker vind ek 'n veilige vestig waar ek kan bly
Ek het genoeg gehad, ek het genoeg gegee
ek het genoeg geskree

Ek hunker na die donker en U antwoord my o Heer
dis tyd om te trek, ter wille van oorlewing
na velde waar rus is lei u my weer
 ek veg soos 'n verraaier vir die wat ek lief het
en die liefde word al meer

Ek staar na my kindergesiggies met trane in hul sterre liggies
moet ek regtig gaan, moet ek regtig gaan
kan ek nie weer nog net een keer probeer ?
hoe antwoord ek my kind ?
ek moet gaan vir ons voortbestaan

en ek wil skree tot die berge antwoord gee
U pottebakker met my die klei
diep in die donker vind ek 'n veilige vestig waar ek kan bly
Ek het genoeg gehad, ek het genoeg gegee
ek het genoeg geskree
dis tyd om te gaan
vir my geliefdes se voortbestaan.....