Staan 4H30 op, Andrew is reeds weg, weet nie of hy dalk nie saam met my wou ry nie, of dalk 'n ent wou ry voor ek hom vang, maar ek vreet die pad op soos 'n ontspoorde vrag trein. Voor die eerste afdraai kry ek vir Andrew, sê hy sal maar sien hoe dit gaan, sy gewrigte is baie seer, ek moet maar aanstoot, as hy beter voel sal hy my later probeer vang, hoor later hy het toe genoeg gehad.
Die groot voordeel van die race al 'n paar keer gery het, is dat jy die roete ken. Die nadeel is jy dink jy ken alles, en dan ken jy nie alles nie. Volg die volgende racing snakes Martin en Jeanie se spore en draai te vroeg links, gelukkig net 'n klein foutjie op Aasvoëlberg gemaak, my seker ander half uur gekos tot groot vemaak van David en sy bende wat my vordering groot oog op die tracker sisteem dophou.
Ek ry nou onder die radar, vertel niemand van my planne nie, al planne word oor die lug uitbasein, net Meryl en my liewe Ingelse vrou weet wat ek wil aanvang.
Laas met die boere komando het Generaal Crous besluit ons doen nie Elandsberg in die nag nie. Wel vanaand het ek weer, en ek kan eerlik sê sonder 'n vol maan is dit nie maklik nie, draai te vroeg af op 'n verlore padjie wat vir my vaagweg bekend lyk, amper Glen se slaap plek by hom oorgeneem. Besluit die verlore pad lyk glad nie bekend nie en draai om, om die regte pad te vind wat lei na 'n lekker bed en warm kos by Elandsberg.
Daar is nog drie manne wat Elandsberg met my deel, twee het besluit die een slaap in sy eie kamer, hy saag nie balke nie, hy breek hulle en dis nou my voorreg om die gebreek van balke met hom te deel. Slaap kom gewoonlik vinnig op die Freedom, maar die man breek die balke so erg, dat hy Klaas Vakie heeltemal verwilder en die nodig rus wat ek so nodig het kom glad nie gou nie. Toe ek wel van erge moegheid oorgee aan die gebreek van balke en slaap kry, besluit die manne dis tyd om op te staan, ek besluit toe maar om 'n uur te steel en nog vir 'n rukkie in te lê sonder die gebreek van balke.
No comments:
Post a Comment