Showing posts with label Freedom Challenge. Show all posts
Showing posts with label Freedom Challenge. Show all posts

5/25/2012

Ons Ry op Water !!

 Ons ry op Water..........

Net, net, want 220 kg dryf nie so lekker nie, Werrie het op 'n staduim so histeriese laggie ge-uiter, en ek het op 'n keer die manne agter ons hulle asems hoor ophou.

220 Kg is swaar genoeg om die agterste man te laat sink, en as hy sink gaan ek bodem toe saam met hom. Die probleem is, ek weet nie hoe diep die dam is nie, ek weet ook nie hoe gou ek my pote uit die trappe gaan kry nie en ek glo nie die blou trein gaan dryf nie.

Dis toe nou nie so maklik soos ry net oor nie, nee, want die agterwiel spoor nie met die voorwiel om draaie nie en dan ry jy op 'n drywende bruggie gemaak uit palette. Jy moet dus wyd met die voorwiel om die draai gaan sodat die agterwiel net- net op die bruggie bly en dit moet teen 'n redelike spoed gebeur, anders sink die hele kontrapsie.




Nog 'n probleem wat om die draaie ontstaan is die laterale kanteling van die palette, die trein wil dus met die voorwiel links afgly en die agterwiel regs af. die groot geluk daarvan is indien dit sou gebeur dat albei wiel gelyk af sou gly ons bo-op die brug gestrand sou sit.........

Die bruggie het ek sonder my selfoon ( het al by 'n vorige geleentheid geleer hulle kan nie swem nie ) en met kinderlike geloof aangeval, die laaste draai het my amper laat twyfel toe die palette baie lig en die kans goed was dat ons in die dam gly.

Gelukkig het ek 'n helse enjin in Werrie en het hy ons deur die drif GEPOWER anders het ons gesink...........


4/06/2012

Nuwe Challenge !!!!!

Die nuwe Challenge in my lewe.

In my klein wêreldjie gebeur dinge baie vinnig, eintlik soos 'n groot maagspoel.......

Die een Vrydag oggend gaan ek nog werk toe en teen die aand het ek blitsig 'n besigheid gekoop, sonder dat ek geweet het dit gaan gebeur. So is alle Challenges in die lewe maar, dit kom soos 'n groot maagspoel, en met tye gee dit jou 'n helse Smile en ander kere 'n maagspoel.

Ek is maar gebou vir 'n Chalelnge, uitdaagings vul my lewe en sodra ek my doel bereik het, moet ek die volgende uitdaaging aanval, in die geval Glass North West. Ek is blykbaar 'n moeilike perd om vir 'n baas te werk, te reguit en regied, dis of swart of wit, grys areas bestaan nie vir my nie en ons speel volgens die reëls. Nie almal stem altyd saam met my manier van doen nie, veral nie in die wêreld waarin ons nou leef nie, daarom hou ek van uitdaagings waar ek in beheer is.

Ek het my beste gegee en in die poging het ek twee jaar agtereenvolgens die GM toekenning van "Verkoopsbestuurder van die Jaar" verower, iets wat ek nie sou kon doen sonder die span wat saam met my gewerk het nie, en ek is baie trots op hulle. Ek sê altyd ek is maar net die bestuurder van die vaartuig, ek hou die stuurwiel vas en gee rigting en sonder die enjin en die res van die vaartuig sou ons nêrens heen kon gaan nie. Ek het die top punt van my bestuurs loopbaan bereik en was soekend na die nuwe uitdaaging, ek het nie geweet waarna ek soek nie, maar ek het geweet ek soek.

En so daag "Glass North West" op voor my deur, en in 'n oogwink besluit ek dis my nuwe uitdaaging. Die bottervlieë het al kom draai in die maag en sal seker weer kom draai, maar ek is in my element, ek geniet elke oomblik en dit kan net beter gaan. Alle dank aan die Liewe Vader wat die besigheid oor my pad gebring het, dit is vir my 'n groot voorreg om my talente, kennis en ervaring tot Sy Wil aan te wend.

En die Freedom Challenge ?

Man ek gaan dit mis, net soos in my lewe, glo ek dat ek my beste gegee het, ok ek dink ek kan nog so dag of wat afskaaf aan my beste poging sover, maar my oogmerk het verander. Ek wil dit graag saam met my familie deel, ek wil dit so graag met Melanie deel en die kinders is nog te klein om dit te mag doen, daarom het ek my broer oorrompel en besluit op die tandem.

Die ervaring wil ek graag saam met my broer deel, byde van ons is maar kompeterend van aard en ek glo ons sal 'n goeie span maak, maar ons poging gaan moet wag tot volgende jaar. Ek vind myself baie aande staar na die sterre, diep binne my is daar 'n hunkering na die Freedom Challenge, dis dalk die Challenge van my lewe en dalk die enigste plek waar ek myself kan uitleef en vind. My hart wil skeur as ek net daaraan dink dat ek dit nie gaan mee maak nie, maar soos alles in die lewe met God se Wil gebeur, netso het die Here die besigheid op my pad geplaas en daarom sal ek met my talente woeker tot Hy my weer 'n kans gee om die Freedom te geniet.

2/13/2012

MONSTER !!!!!!

Monster fiets is al wat Stefan kan uitkry, oom dis 'n monster fiets !!!!!

Stefan is nog altyd sterker as ek, seker omdat hy 20 jaar jonger as die oom is, ek dink die 14 kg gewig verskil maak hom ook heelwat vinniger, en dan daai hoë cadence.....

Stefan weet nou wat dit beteken om in die huwelik te tree, hy het gister saam met sy oorgewig onfikse oom die Blou Trein geklim, en al wat hy uitkry is : " MONSTER oom, dis 'n MONSTER !! "
Ek dink as hy die monster vir die 4de keer klim en beheer oor sy bolyf kry gaan hy sien wat 'n monster die Blou Trein regtig is.

Ons doen die 78km in 2 uur 6 minute, die vinnigste wat ek dit nog ooit gedoen het, was bykans nooit uit big blade nie, maar heelpad, halfpad dood, en net as ek dink ons kan nie vinniger nie, dan voel ek die stoker hier agter my.

Soos Eduard my gister sê : " Net 'n week saam met Stefan dan sal ek fiks wees......" of  "dood" was my woorde. Stefan het leer praat, of stel dit so, hy het geleer om meer te praat as gewoonlik, hy het ook geleer om nie 'n stywe stok mannetjie agter op te wees nie. Stefan sê hy kyk net vir die oom se rug dan weet hy wat ek wil doen, armpies moet slap wees en die beentjies moet trap !!!

Stefan het ook geleer dat ons met 'n ketting verbind is, en hy moes maar by die stadiger cadence power training van oom Marnitz aanpas. Ek voel elke keer ons trap vinniger en vinniger en net voor ek soos 'n Oos Indies ingevoerde resies hoender voel dan change ek maar gears om by my asemhaling aan te pas.

Stefan beweer dis 'n goeie ding om saam met die onfikse oorgewig Oom Marnitz te oefen, want dit gaan hom nog sterker maak, ek is net bang ons breek die klankgrens en dan kom ons nooit weer terug nie.


Een ding wat ek nooit sal doen nie, is om Melanie in te ruil vir 'n ander partner, sy het haarself geleer wat om agter op die fiets te doen, sy is verseker baie mooier en netso kompeterend en ek het nie nodig om so hard te ry nie, sy praat ook heelwat meer......

Ek moet sê, ek geniet die tandem baie, dit vat 'n tydjie om gewoont te raak aan die nuwe soort huwelik, maar dis 'n moerse lekker huwelik. Ek sal dalk maar vir klein boet net vir 'n draai of twee moet vat voor ons die grote aanpak.

10/06/2011

2011 Wildrun

 Dag 1 seer voetjies
 Eduard en Esmè
 Dup
Dis Lekker by die See !!!!

9/17/2011

Wildrun The Haven - Hole in the Wall

Om die waarheid te sê het ek gedink ek gaan meer spier seer hê, die spiere is ok, maar my super gripper no slip eelt op my groot toon is verbysterend seer en die ongelykte beespaaitjie wat nie vir twee nommer 12 skoene gemaak is nie help nie juis veel nie.

Die kop medisyne doen sy ding en ek hol deur die pyn, die laaste dag is baie meer op en af as die vorige twee dae, laat my baie aan Lehana's pas dink, gelukkig is ek 'n ou vir die op, maar my lyf wil nie so lekker vinnig af soos op 'n MTB nie. Dis regtig mooi, elke keer as die pyn ondraaglik raak tel ek net my kop op en sien die mooi raak en dan vergeet ek weer.

Die tweede laaste bult is egter 'n killer met min mooi om raak te sien, my linker heup skiet van die pyn as gevolg van die skuins hellings waarteen ons hardloop, ek is weer terug in die beskawing as jy dit 'n beskawing kan noem, herrinner my baie aan die laaste 10 km teer op die Freedom. Jou hele lyf smag na die mooi herrinneringe en natuurskoon agter jou en jy wil nie laat los nie, maar die einde is aan die anderkant.

Netso toe daar nou niks meer oor is om te sien nie verskyn daar 'n string groen mannetjies in die verte en die duiweltjie spring op my skouer, hulle sal my nie wen nie, maak nie saak wat nie en ek beur voort en daar verskyn dit, die Hole in the Wall en ek vergeet van alles en maak gatskoon vir die einde.

Ek maak 44ste kaar in 5H32 en algeheel 46ste, baie trots op myself, my eerste stage offroad run en ek voel goed, ek kan nog loop en spring en dinge doen, ek moet net nie op my super gripper land nie..........


9/10/2011

Wildcoast Wildrun 2011

So besluit Comander Crous om vir 'n operasie te gaan die 15de September net om alles te herstel wat 1 Val en Kerm Batiljon ,Rugby speel tot jy 35 is en die Freedom Challenge opgedonner het. Wanneer Crous terugkom gaan hy ons 'n ding of twee wys, sterkte ou maat ek glo dit sal 'n baie suksesvolle operasie wees en dat jy net nog sterker gaan terugkom.

Met die operasie in plek besluit Carl toe mos, nou dat hy nie kan deelneem nie, om sy inskruiwing vir my aan te paas, wat ek natuurlik met opehande aangegryp het, ek kan doen met so bietjie Freedom en goeie geselskap vir 'n paar dae, netso om die kop en die lyf weer gewoont te maak........

Ek sien baie uit na die run, dis my eerste stage run en ek gaan met geen voorbedagte rade nie, ek wil net klaarmaak en die asemrowende natuur geniet saam met my pêlle, nie dat ek enigsins dink ek gaan by hulle kan hou nie. Kyk ek het altyd gesê die Comrades en Argus is vir oorgewig mans en huis vrouens, nie dat ek 'n probleem het met oorgewig nie, terwyl ek nou self bietjie meer gebou is vir downhills, maar dit het net altyd vir my maklik gelyk.

Nou tussen maklik lyk en doen is daar 'n moerse verskil, ek sien enige tyd kans vir 'n 100 km + ry, maar die hol ding is nie so maklik nie en terwyl ek nou nie 'n MTB het nie en wag vir die Blou Trein, het ek toe maar begin hol en offroad hol met 'n 5kg sakkie is nie so maklik soos offroad op 'n MTB met 'n 10kg sakkie nie.

Die Freedom Kniee het maar gepla, pla nogsteeds, maar elke keer as ek lekker seer en gatvol was en wou ophou het ek aan Crous gedink en besef al was Crouse nou seer en gatvol so hy nie nou ophou nie en dan maar deurgedruk.

Ek hoop maar ek het genoeg van Crous se hardegatgeit gekry om die 112 km klaar te maak, tyd sal sê....

7/11/2011

Dankie !

Wanneer jy 'n Freedom Challenge klaarmaak is daar baie om voor dankie te sê :

Dankie Liewe Vader dat U vir ons 'n lig op die pad was en na ons welstand omgesien het en ons beskerm het teen David se aanslae.

Dankie vir Pieter Cordier van Design Layout & Print wat my geborg het, ek sou bitter graag beter wou doen, maar dit was my nie beskore nie.

Dankie vir my wonderlike vrou en kinders, wat in my bly glo het ten spyte van my negatiwiteit. Julle het my na die einde gedra !!!

Dankie aan al die wonderlike mense by die support stations en die tussen in. Dankie dat julle ons onbaatsugtig met ons vuil gatte deel van julle persoonlike lewens gemaak het. Julle is die ligpunte in ons race.

Dankie vir almal wat 'n donasie aan Miles for Smiles gemaak het, die glimlaggies op die kindergesiggies is meer werd as enigiets op die race.

Dankie aan my Ma en Pa vir die manier waarop julle ons groot gemaak het, dankie dat julle my geleer het dat niks in die lewe verniet kom nie en dat jy hard moet werk vir dit wat jy wil bereik !

Dankie vir al my ondersteuners, julle het die roete plat gemaak en die wind weggewaai, en dis altyd lekker om julle komentaar te lees.

Dankie vir die voorreg om saam met Tim en August te kon ry, dis 'n ervaring wat my altyd sal by bly !

Baie geluk aan Alex en Glenn en al die ander, julle het 'n moerse race gehad wat moeilik ge ewenaar gaan word.

Sent from my BlackBerry® wireless device

My aanhou rede !!!!

Sent from my BlackBerry® wireless device

7/10/2011

Freedom Challenge gewig verlies

Dis nou mos hoe n man gewig moet verloor in 16 dae .....

Sent from my BlackBerry® wireless device

August Klaar !!

Well done ou maat, jy het vasbyt in jou !!!!

Sent from my BlackBerry® wireless device

My tungsten pel

Elke oggend sou ek en Tim eers kyk of my pel ons nie kon inhaal nie, dit sou moerse lekker gewees het indien ons drie kon saamry !

Sent from my BlackBerry® wireless device

Koffie vir my beste Freedom Pel

Sent from my BlackBerry® wireless device

Die volgende dames Challenger

Sent from my BlackBerry® wireless device

2011 Freedom Challenge

Nie alles werk altyd volgens plan nie.

Geen verskonings, as ek saam met Alex kon bly sou ek dieselfde toestande as hy kon geniet. Melanie vra my vandag wat sou ek anders doen ? Wel ek moes eerstens nie deur die Umkomaas in vloed probeer donner het nie. Water is 'n fiets se grootste vyand, en die Umkomaas het 'n groot aandeel in my gekrokte fiets gehad. Die water het 'n grinding paste gemaak wat alles opgedonner het, my ratkabels, derailers, trappe, links en bearings op die frame.

My tweede fout was om by Banchory by Martin te stop, maar as jy Martin van Banchory se gasvryheid en warm huis opweeg teen ander support stations saam met my goeie vriend August se geselskap kon ek nie anders as om te stop nie, nogtaans moes ek deurgedruk het na Masakala.

Derde fout was die donkermaan navigasie, my die eerste keer gekos op Lehana's, alles is gietswart en jy sien net tot waar jou liggie skyn. Bietjie gesukkel op die ridgeline oppad na die skaapwagters hut met 'n sekere klip koppie waar ek eers links wou om en toe regs om is. Over shoot die container met 'n kilo omdat ek hom nie kon sien nie. Ek en Tim het ook 'n heel te ver regs foutjie in die moeras portage gemaak na Brostelea en amper in Jamestown geëindig. Die gietswart donkerte maak dit nogal moeilik om landmerke in die donker raak te sien.

Ergste fout was die selfbejammering na my spraypaint sessie, kyk ek was regtig siek, ek weet van min mense wat vir 5m kan spaypaint en dan nog oorhou vir die porselynpot ook. 'n Hele jaar se voorbereiding was besig om inmekaar te tuimel en ek was op die punt om op te gee. Was dit nie vir Andre, Joyce, August en Tim nie het ek seker opgegee, iets waaroor ek nou baie spyt sou wees. Andre het my gesond gedokter met rooster brood, swart koffie en moed. August se teenwoordigheid was genoeg om my sommer baie beter te laat voel en die voorreg om saam met Tim verder te kon ry was genoeg motivering.

Die kraggies was maar yl gesaai die volgende dag, en ek moes maar diep grou om by te hou, en daar val ek die hardste wat ek al ooit geval het. Ek het so hard neergedonner dat ek nie wou of kon opstaan nie, ek was seker my ribbes en skouer was af, die oorsaak 'n strook gevriesde water. My ribbes en skouer het in die slag gebly, my saal, helmet en kamera was moertoe en so ook my Freedom hoes, heeltemal te seer om te hoes.

Vandaar was dit 'n racing touring Freedom Challenge, die een dag sou ons hard ry en die volgende dag sou ons by oom Gawie of tannie Verity kuier net om weer 'n harde dag in te sit en dan weer te kuier by iemand.
Tim is 'n baie reguit doelgerigte racer, race volgens die boek en wanneer hy iets besluit het, doen hy dit. Dit was vir my 'n moerse voorreg en ervaring om saam met hom te kon ry, ek het nog meer by hom geleer en glo dat indien ek dit weer sou doen ek dit meer doelgerig, presies en meedoonloos sou kon uitvoer. Groot was my blydskap toe ek Tim se fiets by Kasra gesien het nadat hy die manne voor ons begin jaag het. Tim James het eintlik besluit dat ek nie kon alleen klaarmaak nie en vir my gewag. Dit was 'n helse voorreg om saam met hom te kon klaarmaak.

My rede vir klaarmaak, en dis maklik om op te gee wanneer jy weet jy het al in 'n vinniger tyd klaargemaak.

1 My verantwoordelikheid teenoor my borg : Pieter Cordier van Design Layout and Print. Die man het 'n hele paar rand in my investeer en 'n man verbreek nie so ooreenkoms nie, maak nie saak hoe siek jy is nie.

2 My nuwe riding partner Tim James, wat 'n absolute voorreg !

3 Miles for Smiles, hoe verder en hoe harder hoe meer donasies, en dis mos net wat die kindertjies nodig gehad het, enige donasies is steeds welkom by http://www.milesforsmiles.co.za/

4 My familie wat al 'n week by Diemersfontein vir my gewag het. Die Ingelsman het my al sien klaarmaak, maar hoe kon ek vir my twee kindergesiggies Alison en Danielle teleurstel en nie klaarmaak nie ? Ek moes net eenvoudig deurdruk en klaarmaak om die glimlaggies op hul gesigte te kon sien met ons hereeniging !

Weer doen ?

Wel ek weet nie so mooi nie, ek is nou meer as ooit tevore toegerus met kennis en ervaring. Ek weet dis moontlik vir my om dit in 13 - 14 dae te voltooi, maar dit word 'n duur selfsugtige speletjie en ek skuld my familie big time. Ek moet dalk eers nederig word voor ek weer vir Comander Crous challenge.


Marnitz & Tim Finish

Sent from my BlackBerry® wireless device

7/04/2011

Kasra - Trouthaven - Diemersfontein

Trek 23H00 weg by Kasra, ek verwys nog na die prag hemelruim vol glinstertende sterre, toe die Kaapse weer ons 'n dwarsklap gee en die reëndans begin. Reënjas aan reënjas uit, besluit se moer met die feit dat dit dan reën en dan nie, ek hou nou my reënklere aan.
Met die portage uit reën dit nie, maar met die afgaan slag begin dit ordentlik reën, en so hou dit aan tot by Brandvleidam gevangenis, waar ons skuiling soek onder die paviljoen en so vinnige snorkslapie deurwerk. Jy lê net tot jy begin snork, wat redelik vinnig gebeur en dan is jy op.

8H00 by Trouthaven, die eerste keer op na Trouthaven in daglig, die ander kere was in die donker en dit het vir my gevoel soos een moerse opdraande. Groot was my verbasing om te sien dis maar 'n baie ligte opdraande, was maar seker vrek moeg die ander kere gewees.
8H30 weg na Stetteyns, die plek het doodgebrand, daar is 'n moerse highway deur na die nek, besaai met klippe. Ek het nooit geweet daar is so baie klippe nie, en in die gebrande as slaan die mooiste pienk veldblomme op.
Stetteyns is nou eintlik 'n grappie, maar steeds 'n ongemaklike grappie, met my nuutgevonde kennis van Estelle stel ek dit op die proef en dit werk soos 'n bom, presies soos sy gesê het, as ek maar net die vorige jare geweet het. Ek en Tim lyk soos steenkoolwerkers besaai van die roet en wil nou so vinnig moontlik. kaarmaak.

Teen 17H00 is alles verby, ek en Tim ontvang elkeen ons bersie en ek sit en dink dit was 'n moerse voorreg om saam met hom te kom ry. Tim is 'n baie maklik regiede man, sonder grys areas, jy weet presies waar jy met hom staan. Ek weet ek is 'n ou diesel enjintjie, maar hier het ek my match gekry, een oom moerse Diesel enjin, waar ek ophou gaan Tim aan.
Die man het net nie einde nie, as hy 'n besluit gemaak het voer hy dit uit en ek glo hy gaan terugkom en ons wys hoe dit regtig gedoen moet word. Ek aan die anderkant is nou oorlaai met nuwe kennis, en ek weet dis moontlik om 'n sub 14 te doen, maar gaan ek dit weer doen ?

Ek glo nie, dis 'n baie duur grappie om iets aan jouself te bewys, ek weet met baie luck kan ek dit onder 14 dae doen, maar het ek nodig om dit aan myself te bewys ?

Nee ek het nie, die enigste man wat my weer in 'n dice sal kan lok is Comander Crous en ek hoor hy kyk na 2013.....


Klaar !!!

Met 'n Moerse Smile maak ons klaar vir Miles for Smiles, ek glo in julle ondersteuning om glimlaggies op gebroke kindergesiggies te sit sodat hulle kan glinster soos die sterre se liggies ! Mense elke donasie help hoe gering ook al, hoe graag sou elke kind nie soos ek wou smile nie ?

http://www.milesforsmiles.co.za/
Sent from my BlackBerry® wireless device