Jaco moes gaan vir sewe weke se bestraling, iets wat as dit met my gebeur het, my seker dood in my spore sou laat stop het, en so bel ek maar my ou vriend net om te hoor hoe dit gaan.
Praat toe vandag weer met Jaco, en groot was my verbasing om te hoor die man is op sy fiets oppad terug huis toe nadat hy sy bestraling ontvang het by die hospitaal, selfs die mense by die hospitaal ka dit nie glo nie. Jaco klink gloed en hy's baie positief en ek dink hy is 'n moerse voorbeeld vir ons almal.
Ons kla tog so maklik oor die geringste dingetjie en hier is 'n man wat bestraling ontvang wat nie genoeg van die lewe kan kry nie, soos ek al gesê het : " The Body goes where the Mind goes " en hier is 'n sprekende voorbeeld. Jaco is besig om hom met positiewe gedagtes besig te hou, en is dit nie lekker om eerder die mooi as die lekike raak te sien nie !!!!!
Ou Maat bly Positief dink, SIEN net die MOOI in die lewe, geniet jou lewe, jy is in ons gedagtes en gebede,
en jy is vir ons almal 'n MOERSE INSPIRASIE
Ek bid jou 'n spoedige en volkome herstel toe, en mag dit met jou so goed gaan dat jy my sommer vanjaar wegry !!!
Sterte ou maat sien jou op die Freedom
Dankie vir dié gevleulde woorde ou maat. Dit laat my sommer nog beter voel!
ReplyDeleteSterkt Jaco! Indien daar meer van jou soort op hierdie aarde was, sou dit 'n baie beter plek gewees het. Ons bid vir jou.
ReplyDelete