4/06/2012

Nuwe Challenge !!!!!

Die nuwe Challenge in my lewe.

In my klein wêreldjie gebeur dinge baie vinnig, eintlik soos 'n groot maagspoel.......

Die een Vrydag oggend gaan ek nog werk toe en teen die aand het ek blitsig 'n besigheid gekoop, sonder dat ek geweet het dit gaan gebeur. So is alle Challenges in die lewe maar, dit kom soos 'n groot maagspoel, en met tye gee dit jou 'n helse Smile en ander kere 'n maagspoel.

Ek is maar gebou vir 'n Chalelnge, uitdaagings vul my lewe en sodra ek my doel bereik het, moet ek die volgende uitdaaging aanval, in die geval Glass North West. Ek is blykbaar 'n moeilike perd om vir 'n baas te werk, te reguit en regied, dis of swart of wit, grys areas bestaan nie vir my nie en ons speel volgens die reëls. Nie almal stem altyd saam met my manier van doen nie, veral nie in die wêreld waarin ons nou leef nie, daarom hou ek van uitdaagings waar ek in beheer is.

Ek het my beste gegee en in die poging het ek twee jaar agtereenvolgens die GM toekenning van "Verkoopsbestuurder van die Jaar" verower, iets wat ek nie sou kon doen sonder die span wat saam met my gewerk het nie, en ek is baie trots op hulle. Ek sê altyd ek is maar net die bestuurder van die vaartuig, ek hou die stuurwiel vas en gee rigting en sonder die enjin en die res van die vaartuig sou ons nêrens heen kon gaan nie. Ek het die top punt van my bestuurs loopbaan bereik en was soekend na die nuwe uitdaaging, ek het nie geweet waarna ek soek nie, maar ek het geweet ek soek.

En so daag "Glass North West" op voor my deur, en in 'n oogwink besluit ek dis my nuwe uitdaaging. Die bottervlieë het al kom draai in die maag en sal seker weer kom draai, maar ek is in my element, ek geniet elke oomblik en dit kan net beter gaan. Alle dank aan die Liewe Vader wat die besigheid oor my pad gebring het, dit is vir my 'n groot voorreg om my talente, kennis en ervaring tot Sy Wil aan te wend.

En die Freedom Challenge ?

Man ek gaan dit mis, net soos in my lewe, glo ek dat ek my beste gegee het, ok ek dink ek kan nog so dag of wat afskaaf aan my beste poging sover, maar my oogmerk het verander. Ek wil dit graag saam met my familie deel, ek wil dit so graag met Melanie deel en die kinders is nog te klein om dit te mag doen, daarom het ek my broer oorrompel en besluit op die tandem.

Die ervaring wil ek graag saam met my broer deel, byde van ons is maar kompeterend van aard en ek glo ons sal 'n goeie span maak, maar ons poging gaan moet wag tot volgende jaar. Ek vind myself baie aande staar na die sterre, diep binne my is daar 'n hunkering na die Freedom Challenge, dis dalk die Challenge van my lewe en dalk die enigste plek waar ek myself kan uitleef en vind. My hart wil skeur as ek net daaraan dink dat ek dit nie gaan mee maak nie, maar soos alles in die lewe met God se Wil gebeur, netso het die Here die besigheid op my pad geplaas en daarom sal ek met my talente woeker tot Hy my weer 'n kans gee om die Freedom te geniet.

2/13/2012

MONSTER !!!!!!

Monster fiets is al wat Stefan kan uitkry, oom dis 'n monster fiets !!!!!

Stefan is nog altyd sterker as ek, seker omdat hy 20 jaar jonger as die oom is, ek dink die 14 kg gewig verskil maak hom ook heelwat vinniger, en dan daai hoë cadence.....

Stefan weet nou wat dit beteken om in die huwelik te tree, hy het gister saam met sy oorgewig onfikse oom die Blou Trein geklim, en al wat hy uitkry is : " MONSTER oom, dis 'n MONSTER !! "
Ek dink as hy die monster vir die 4de keer klim en beheer oor sy bolyf kry gaan hy sien wat 'n monster die Blou Trein regtig is.

Ons doen die 78km in 2 uur 6 minute, die vinnigste wat ek dit nog ooit gedoen het, was bykans nooit uit big blade nie, maar heelpad, halfpad dood, en net as ek dink ons kan nie vinniger nie, dan voel ek die stoker hier agter my.

Soos Eduard my gister sê : " Net 'n week saam met Stefan dan sal ek fiks wees......" of  "dood" was my woorde. Stefan het leer praat, of stel dit so, hy het geleer om meer te praat as gewoonlik, hy het ook geleer om nie 'n stywe stok mannetjie agter op te wees nie. Stefan sê hy kyk net vir die oom se rug dan weet hy wat ek wil doen, armpies moet slap wees en die beentjies moet trap !!!

Stefan het ook geleer dat ons met 'n ketting verbind is, en hy moes maar by die stadiger cadence power training van oom Marnitz aanpas. Ek voel elke keer ons trap vinniger en vinniger en net voor ek soos 'n Oos Indies ingevoerde resies hoender voel dan change ek maar gears om by my asemhaling aan te pas.

Stefan beweer dis 'n goeie ding om saam met die onfikse oorgewig Oom Marnitz te oefen, want dit gaan hom nog sterker maak, ek is net bang ons breek die klankgrens en dan kom ons nooit weer terug nie.


Een ding wat ek nooit sal doen nie, is om Melanie in te ruil vir 'n ander partner, sy het haarself geleer wat om agter op die fiets te doen, sy is verseker baie mooier en netso kompeterend en ek het nie nodig om so hard te ry nie, sy praat ook heelwat meer......

Ek moet sê, ek geniet die tandem baie, dit vat 'n tydjie om gewoont te raak aan die nuwe soort huwelik, maar dis 'n moerse lekker huwelik. Ek sal dalk maar vir klein boet net vir 'n draai of twee moet vat voor ons die grote aanpak.

2/08/2012

My Kompeterende vroutjie !!!!!

So vermoed ek al vir 'n geruime tyd my Engelsman is baie kompeterend, maar vandag weet ek dit.

My Engelsman is baie kompeterend en ek like dit kwaai !!! So bou ek mos die Blou Trein met die oog op die Freedom, en die trein kan nie net staan nie, die trein moet gery word en aangesien Boet in Richardsbaai bly trek ek sommer vir Melanie nader.

Nou kyk ek het nou al gehoor hulle sê 'n tandem maak of breuk 'n huwelik, maar hierdie een is beslis baie goed vir ons huwelik !!!

So gaan ry ons nou die oggend en ek bespeur 'n rooi liggie 'n ent voor ons, vermoed dis Eduard hulle, lig Melanie dienooreenkomstig in en sy sê toe dat ons hulle maar dan moet vang.

Al probleem is dis 'n 15 km opdraande, ok Wes Transvaal opdraande, vir julle manne van die Kaap eintlik net 'n knikkie. Ek is voordurend bewus van my nuwe stoker, en ek moet trap om voor te bly en so jaag ons die liggie, en die liggie bly voor ons en ons jaag die liggie. Op 'n kol mompel Mel iets van die tandem is nie gebou vir opdraandes nie en ek vra of ons dit bietjie rustiger moet vat. Kry geen antwoord, maar my verhoogde beensped vertel my ek beter nou trap !!!

By ons Boompie draaipunt so 300m voor ons sien ons die nukkerige maat op sy mountain bike, en hy en ons weet sy moeilikheid is geboek, dis nou 'n lang afdraande met so paar " knikkies " tussen in. Ons draai daai  Blou Trein om, Melanie lê sommer in die draai om die draai korter te maak en die aanslag begin, en die wiele sing en die gears raak op en dit raak vinnig, vrek vinnig en ons haal die rakker in en ons vang hom.

Ons groet beleefd, hy groet terug en sê iets van ons jaag darem baie lekker en neem toe sy nuwe posisie in, reg agter Melanie en hy vang 'n DIK slip, en ek weet hier gaan ons hom nie afry nie, maar my stoker se bene dink anders en sonder om 'n woord spreek weet ek wat ek wat van my verwag word.

Kyk 'n tandem is 'n snaakse ding, jy weet van alles van jou partner, hoe jou partner voel, wat jou partner doen, wat jou partner beplan om te doen en wat jou partner dink, woorde is oorboodig en onnodig, jy weet alles. Nou kyk Melanie het nie nodig om vir my te sê sy hou nie van 'n opdraande nie, ek weet en voel dit, en teen die Wes Transvaal opdraande ( Kaapse knikkie) kom ons nukkerige ryer weer verby en ek voel my stoker gee haar alles, maar dis net nie genoeg nie. Ek kyk om net om so paar woorde van versekering te gee, maar ek sien daai Damion Booth oë, oë wat my vertel niemand ry in ons slip, en gaan ons dan teen 'n opdraande verby nie, en ek weet woorde is nie nodig nie, dis nou tyd om te trap !!!!!

En ons trap en ons gaan die nukkerige mountain biker verby, en ons gaan verby teen spoed, want niemand gaan weer in ons slip sit nie, en ons vang die afdraande en ons los die man. Die volgende opdraande "knikkie" word oor rompel en daar is geen keer nie, dis nou 'n weghol trein.

Die afstand word in 23 minute vinniger afgelê as wat ek gewoonlik alleen doen, die gloed van my stoker het my oorweldig, ek is bloedrooi en die sweet stroom my af en ek kry daai lekker gevoel hier diep in my hart, met die wete, my Engelsman is 'n kompeterende bliksem.

Dis lekker om saam met haar te oefen, al doen ons nie die afstand nie weet ek om elke hoek en draai lê daar 'n uitdaaging en wag.........

1/16/2012

Die Blou Trein

Die nuwe challenge is hier,

Ek en Melanie het Sondag so draai gaan ry, twee dices opgetel en albei gewen, lyk my die kompeterende aard is maar in my vroutjie ook...... Ek het al baie gewonder of ek die regte ding doen om weer die Freedom aan te pak en ek wens ek kon dit saam met Melanie doen, net sodat sy ook kan weet wat nou eintlik in my mal koppie aangaan. Dalk eendag mens weet nooit, Danielle het klaar haar Pa omgepraat, ek moes pinkie promise dat ek die Freedom eendag saam met haar sal doen, en glo my sy tel die dae af.

Die tandem is bloedgeld, geld wat ek eintlik aan my familie moes spandeer, en ek kry so wrang smaak in my mond as ek so na die kostes kyk. Gelukkig kan ek die ervaring met my boet Werrie deel en ek glo dit gaan die ma van ervarings wees, iets wat ek baie graag met hom wil deel, en wat ons vir altyd gaan onthou.

Die beplande tyd wat ons wil ry ?

Ek weet nie wat ons gaan doen nie, ons gaan verseker klaar maak, dit weet ek. Dat Werrie meer kompeterend as ek is, is so, maar dis 'n tandem, iets nuuts en ons sal onself maar in die eerste paar dae van die race uitsort en dan weet wat om te verwag. Melanie het al 'n paar keer gevra of ons nie dalk maar elkeen op sy eie fiets moet ry nie, maar wat dan van die tandem, die blou trein is nou daar, ons het hom opgesaal en ons gaan hom ry !!!!

En die pienk briek kabels ?

Dis daar om ons te herinner aan al die opofferings en die gesteelde tyd wat mamma Melanie en die kinders Alison en Danielle, en mamma Elitza en die kinders Luann en Hano moes maak en inboet om hulle pappa's gereed te kry vir die Freedom. Dankie my wonderlike vrou en kinders dat julle my malligheid en selfsug kan insien en my toelaat om kwaliteit tyd van julle af te steel, hierdie gaan regtig my laaste jaar wees tot Danielle groot genoeg is.

En die eintlike rede vir die tandem ?

Wel ek is op my laaste in my fietsry loopbaan, ek het nou al redelik alles gedoen wat jy op 'n mountain bike kan doen en ek het 'n rede gesoek om die Freedom vir een laaste keer te kan doen. Ons is vier in die huis en elkeen kort sy eie " blankie " en ek wou graag my broer die Freedom laat ervaar, ek het ook iets gemeenskaplik gesoek wat ek en Melanie saam kon doen. Ek het jare gelede ernstig golf gespeel, op so manier dat ek vir mamma ernstig die donner in gemaak het, jy kan mos nie stop op die 18de gat nie. 'n Pêl van my sê my toe dat die enigste manier om jou sport te geniet was om jou gesin betrokke te maak, Melanie was nog nooit baie mal oor golf nie en die kinders ook nie, en so eindig my golf toe en begin die fietsry ding.

Ek geniet die mountain biking baie, ek dink Danielle nog meer as ek, maar so geniet Melanie en Alison dit ook, en die enigste manier waar ons 'n gemeenskaplike tydverdryf kon kry was die tandem ding. Dis iets anders, 'n nuwe uitdaging, die kinders baklei om saam met pappa te ry en ek glo as Melanie eers lekker fiks is gaan sy ons baie kompeterend maak. Daarom die tandem, om terug te gee aan my gesins wat ek selfsugtig van hulle weggeneem het en dan die ervaring saam met my boet !!!!



1/12/2012

Living a Thankful Life !!!


Life is not about finding the right person, but creating the right relationship.


It's not about how we care in the beginning, but how much we grow and nourish one another in a relationship.

Some people always throw stones in your path. It depends on you what you do with them – build a wall or a bridge? Remember you are the architect of your life.

Search a beautiful heart, not a beautiful face, because beautiful things won’t last forever, but a golden heart does and will prosper you and add value to yourself.

It’s not important to hold all the good cards in life. But it’s important how well you play the cards which you hold.

Often when we lose all hope and think this is the end, GOD whispers, ‘Relax, it’s just a bend, not the end.’

Have Faith, keep faith and see what God will do for you.

One of the basic differences between GOD and man is, GOD gives, gives, gives and forgives. But human gets, gets, gets and forgets.


Be thankful. It’s the least you can do!

1/09/2012

Die Freedom Challenge 'n baie selfsugtige Challenge.

Die Freedom Challenge is seker die beste ervaring wat ek al ooit gehad het, eintlik is dit baie jammer, want my vrou en my kinders is veronderstel om die beste ervaring van my lewe te wees.

Ek wil graag toekomstige Challengers op die voor en nadeel van die baie unieke en lewensveranderende ervaring wys.

Nadele :

  • ERVARING.  Net mense wat aan die challenge deelgeneem het verstaan werklik die ervaring, dis soos army, as jy nie daar was nie kan jy nie saampraat nie. Die slegste van alles is die feit dat jy dit net met mede challenges kan deel, net hulle verstaan regtig die werklikheid van wat met jou gebeur en hoe jy verander op jou tog van self ontdekking. Die probleem kom egter by jou lewensmaat en familie in, hulle het nie 'n idee van wat gebeur nie, al verduidelik jy dit hoe mooi sal hulle nooit die omvang van die challenge verstaan tot hulle nie daaraan deelneem nie.
  • TYD.   Die voorbereiding vir die challenge neem onsaglike ure inbeslag, my simple oefenprogram : Maandag Rus. Dinsdag oggend  2 ure fiets aand 1 uur hardloop. Woensdag oggend 2 ure fiets. Donderdag oggend 2 ure fiets aand 1 uur hardloop. Vrydag oggend 2 ure fiets. Saterdag 5 - 7 ure fiets en Sondag 7 - 12 ure fiets.
  • TYD.    Die oefen program laat baie min tyd oor vir jou familie en die mense wat kosbaar is, wanneer jy nie oefen nie slaap jy, en wanneer jy nie slaap nie werk jy. Bitter min bly oor vir jou mense.
  • SELFSUG.   Jy word selfsugtig want jy lees in jou klein wêreldjie wat niemand wat nie daaraan deelgeneem het verstaan nie.
  • KOSTE.   Dis 'n baie Duur grappie, veral as jy die eerste keer daaraan deel neem. Jy moet die inskrywing betaal, seker die goedkoopste, dan die toerusting wat jy benodig en hier kan jy nie afskeep nie, want jy dra alles met jou saam en dit waarvan jy nie genoeg het nie of glad nie het nie, kan dit vir jou baie onplesierig maak. En dan al die versteekte kostes, jou fiets wat jy vlinters gaan oefen en weer flinters gaan ry op die Challenge, vervoer kostes ens ens. As jy al die kostes bymekaar tel kan jy 'n dik vakansie iewers gaan hou saam met jou gesin.

Voordele :

  • ERVARING. Jy gaan 'n ervaring beleef wat geen geld kan koop nie, jy gaan jou diepste self ondek en hopelik stap jy 'n baie beter mens aan die anderkant uit.
  • WAARDERING. Jy gaan leer om alles weer van vooraf te waardeer, die kleinste dingetjie wat jy al jare gelewe vergeet het gaan jy weer van vooraf waardeer.
  • WAARDERING. Jou mense by die huis, jy gaan van vooraf lief word vir jou vrou en jou kinders, sê dit vir hulle, doen dit gereeld en innig en opreg, sodat hulle presies weet hoe jy daaroor voel.
  • GELOOF. Jy gaan die Hemelse Vader herondek,  die werking van sy Hande gaan jy oral om jou sien, sy Leiding en Beskerming gaan jy ervaar en jy gaan Hom elke dag bedank vir dit wat Hy vir jou doen.

Die Freedom Challenge is in geen opsig sleg vir jou nie, gaan oopkop in die ervaring in en maak jou familie deel van die ervaring, dws 200 % deel, laat hulle jou ontmoet op jou urelange oefensessies langs die pad ontmoet, maak hulle deel van jou aankope, laat hulle jou help om jou roomys blikke te pak, praat elke dag met hulle en vertel hulle wat jy sien en wat jy ervaar, vertel hulle hoe onsaglik lief vir hulle is en hoe verskriklik baie jy hulle mis. Maak hulle deel van jou alles en dit sal nog 'n beter ervaring wees !!!!


Geniet dit.