6/30/2011

Dam se Drift - Willomore - Onder die Sterre



Die Duiwel se wind waai alweer, waai my gemoedstoestand in sy moer in. Hier is heeltemal te veel mense wat ek ken en as 'n man gatvol is vang 'n man maklik n lift. Ek is flippen seer, doodmoeg, my fiets is gekrok en ek is baie gatvol, te veel. Ek mis my vrou en kinders verskriklik en dit voel vir my ek baklei die Duiwel of is dit dalk David ? Ons begin 3H00 ry, na gister se vroeë stop is on gedwing om vroeg uit die vere te wees, die plan is weer 'n groot dag na gister se getommelry, ons mik vir Prince Albert en as alles goedloop behoort ons dit laat aand te maak, dis nou te sê as die helse wind wil saamwerk en gaan lê......

Ons ry in 'n Antartika vrieskas, dis donners koud en ons betree elke waterstroom met groot onsag, springnnn soos 'n kat van klip tot klip, by die Baviaans inligting sentrum besluit ons om 'n breek te maak van die koue se aanslag. Ons stop vir koffie om die flees en gemoed op te warm, Tim ondek die deur van die herberg vir backpackers is oop en voor jy mes kan sê lê ons albei onder 'n warm kombers en luister na die sis van die ketel. Tim het 'n beter plan om sy gevriesde voete te ontdooi, met die gekarring vir water vir die ketel, kry hy die gevriesde pype ontvries en eensklaps sit hy met sy gevriesde voete onder die warm water in die wasbak.

Hoe dit ookal sy ons planne verloop nie en ons moet heeltyd aanpassings maak. Die beste is maar om op die gekrokte fiets te klim en klaar te maak.

In die kloof is die wind lustig, maar buite die kloof is die wind geweldadig, dis so asof die wind met alle geweld ons wil breek en ver weg wil waai, behalwe vir die gedruis van die verwodelike wind veg ons die pad oop in stilte na Willomore. Dit help nie eers om 'n poging aan te wend om te praat nie, jou stem word eenvoudig net weggewaai en wanneer jy so in 'n geweldadige stilte inkeer in jouself vind begin jy wonder.....

En ek wonder, wonder oor baie dinge, oor wanneer die bliksemse wind gaan lê, en ek wonder wat de donner soek ek al weer op die challenge, ek wonder hoekom Tim so klein is en hoekom hy so min skuiling teen die wind bied en ek wonder hoe lank dit nog gaan neem om by Willomore uit te kom teen die dooie slakke pas. Om so baie in stilligheid te wonder in die oorverdowende gedruis van die wind is glad nie goed vir 'n man se gemoed nie, ek en Tim se gemoed word verpletter op die grond met ons aankoms in Willomore teen so teen 11H00, albei baie lus vir ophou.

Dis Tim wat met sy rustige oorredingsvermoë, my weer aan die gang praat, almal van ons veg die wind net op verskillende plekke, Tim kla nie oor baie dinge nie, hy vat dit soos dit kom en in plaas van op die wind te fokus, fokus hy ons aanslag op Martin en Andrew wat heel moontlik dieselfde wind nou baklei. 'n Ou vegter Tim, hy word nie sommer ondergekry nie en na 'n lekker brunch val ons weer in die pad, die wind gaan ons nie onderkry nie, dalk omwaai, maar ek weet ons sal weer opstaan en verder veg.

Ek sal klaarmaak vir die kinders van Miles for Smiles solank julle die nodige donasies maak, enigiets sal help. Elke kind verdien om te Smile en met die liedjie kinder gesigies soos die sterre se liggies verdryf ek die wind.

So 22H00 by Rondawel eet gou en gaan veg weer die wind, redelik moeg en gatvol geveg teen 1H30 en besluit om onder die sterrehemel stelling in te neem. Trek tog al jou klere aan wanneer jy dit doen, dit word vrek koud en reën dalk later wanneer jy in droomland is.

Johan Rissik verras ons met lekker koffie en beskuit, soos hy sê enigiemand sal koffie drink as dit so koud is. 8H00 in Prince Albert, ek en Johan bou my gekrokte fiets oor en teen 11H00 trek ek daar weg met 'n amper nuwe fiets, danksy Johan ! Tim het so net na 9H00 in die pad geval, ek dink hy is ook nou al redelik gatvol en lus om klaar te maak, hoepelik sien ek die geleerde man weer op die pad.....

Weet nie waar ek vannaand slaap nie. maar klaarmaak wil ek klaarmaak !


Donasie van my boet

Vasbyt ouboet, tot op die einde, ek sit R5000 v miles for smiles op. Dan sit ons nuwe smiles op d kindertjies gesigte. Hoe gemaak met jou..? Easy, smile net, dit laat my altyd beter voel.
Sent from my BlackBerry® wireless device

Droë waterval Swartbergpas

Sent from my BlackBerry® wireless device

6/29/2011

Moeg gery teen die wind

Sent from my BlackBerry® wireless device

Tim se gevriesde voete

Sent from my BlackBerry® wireless device

Koue voete

Met al die water kruisings raak n man se voete baie koud as die ryp spiertwit le, al wat help is die bietjie warmwater in die pyp wat nog nie gevries het nie
Sent from my BlackBerry® wireless device

6/28/2011

Cambria - Damsedrift

Gisteraand se swemsessie het my nie goed gedoen nie, met die nat klere die laaste 6 km die Baviaans koue trotseer. Voel nie goed vandag nie, nie krag nie, met elke hoes voel dit of my borskas oopbreek, dis vrek seer en vordering is maar stadig en by dit is my fiets ook besig om uitmekaar te val, die baie water en modder is besig om met sy gal te doen.

Tim dog dis my kniee wat so kraak toe is dit al die tyd my trap wat oppad uit is, ratte werk ook lankal nie meer nie. Smaak my die Sondvloed was hier deur, van 'n pad is daar geen sprake meer nie, die pad is in 'n groot rivier verander en al wat oorgebly het is die bolders  waaroor ons nou soos klipspringers met ons fietse van die een klip na die ander is. Die Baviaanskloof is toegemaak vir alle verkeer behalwe vir die Freedom Challengers, hoe dan anders. So 30 km van Dam se Drift ry ons vir Tim van Coller raak, hy hoor hoe ek van die pyn kreun met elke hoes en red my met 'n TransArc pleister. Willomore verdwyn soos 'n doringboom in die Sondvloed en ons besluit toe maar om by Dam se Drift te stop om al die probleme reg te sien, Tim sort sommer sy papwiel ook uit.

Ek dink dis die vroegste wat ek nog ooit by 'n Support Station gestop het 15H00, maar die vroeë stop se tyd word gebruik om kragte te herwin en om my verwoeste fiets te probeer red.

Ek mis my vrou en my kinders en dit voel of alles teen my werk om klaar te maak, ek het nie krag nie, my ribbes is so seer ek wil huil as ek net aan hoes dink. Het vanaand 'n veearts gesoek om te kyk wat aangaan. My skouer en ribbes is potblou van die val en dit voel of iemand my keer om asem te haal.

Die Baviaans is betowerend mooi na die baie reën, die manne wat die Trans Baviaans ry kan moontlik voel hoe dit voel om in 'n donga te ry, soos die riviere die paaie in dongas verander het. Al verskil dis 'n mooi donga met Kudu's aan die kante.

Indien julle dink my twakpratery is die moeite werd, click op die Miles for Smiles logo, maak 'n donasie en sit 'n moerse smile op my gesig