6/18/2009

Dag 3 Banchory - Malekholonyane




Sonsopkoms Taylerville
Stap 5H00 in 'n vrieskas in, dis bliksems koud, my waterbottel word 'n slush puppy en ek hou nie van slush puppy's nie !

Ek spoed voort, maar ek maak weer 'n simple fout en draai te vroeg links in Taylerville, gelukkig besef ek gou my fout en ek is net in tyd om die asemrowende sonsopkoms te sien. Vandag gaan 'n goeie dag wees......


Alles loop re altyd reg Freedom Challenge, kan dit waar wees, ek bevind myself vroeg oggend by Masakala, sommer baie trots op myself, nou vir Malekholonyane, gelukkig nie te ver nie en ek behoort dit met laaste lig te maak, het ek gesê ek behoort.......

Ek sny deur die Kinra vleiland, maar so ook sny my saal deur my hol, die graspolle is besig om my hol op te vreet deur my saal en op 'n staduim kan my hol nie meer verder nie, hy het salfies nodig sommer 'n handvol. Ek het al per geleentheid 'n man op die Epic sy broek skaamteloos sien drop sodat daar nodige herstelwerk gedoen kan word, ek is nou daai man. Ek staan skaamteloos in die vlaktes en balsem my teur boudjies en die verbygangers verwonder hulle aan my, wat doen die man, sit daar iets vas ???

Maak Queen Mercy, kry 'n lekker Coke, so yskoue Coke is altyd goed vir spoed, veral as hy so bietjie in die van koue in die keel afbrand. My kaartwerk is spot on, ek sien die Twins aan my regterkant op die Mparane kruin en ek vermoed in die verte is die sogenaamde Gladstone plaasopstal en ek draai links......

Die verkeerde pad van Mparane af.....
Dis die ding van die Freedom Challenge nes jy dink jy is op die regte pad, dan onspoor jy en jy wonder waar de donner is jy nou eintlik, onder in die vallei ondek ek , ek is weer op die verkeerde spoor en ek gaan verseker nie weer teen die berg opdonner nie, die son is besig om te sak en ek weet nie mooi waar ek is nie.
Kaarte lieg nooit nie, David se roete aanwysings lieg gewoonlik en ek bepyns die kaart in detail en ek vind myself weer op die kaart. Kry die Gladstone opstal en val weer in op die regte pad, die roete aanwysings praat iets van volg die grensdraad so ver soos jy kan en ek doen dit, so ver as wat ek kan tot amper op gelyk grond. david ken seker nie ons Wes Transvaal burgers nie, ons doen blykbaar alles tot op die uiterste.

Ek kruis die rivier en ek vermoed ek is op die regte pad, in die verte sien ek iets soos die blou lig van 'n polisie stasie en ek besluit dis waantoe ek mik, al probleem ek die feit dat ek my in Koning Rosekrans se braambos bevind en die goed moer my op van 'n kant af. Ek veg my bloed besaaide pad oop na die grond pad, uitkoms uit die hel en ek is weer op die regte pad, net so na sewe by Malekholonyane, baie trots op myself !!!

Vraag: Waarvoor is graspolle goed ? Beslis nie om jou boude af te vee nie, op die Freedom om jou hol op te ert. What goes up must come down, what goes up and down became the Freedom Challenge.

Tot ek het nou al n humorsin gekry jy raak nogals baie dinge kwyt so in die alleenigheid, ek spreek nou al tale wat ek self nie verstaan nie

6/17/2009

Dag 2 Centocow - Banchory

Mnr Dlamini en sy seun
Glad nie geslaap nie, een by siek baba een by simple hoender haan en 'n arsenaal muskiete ook nie geëet nie, deel van die freedom experience. Het dit op 'n stadium oorweeg om maar op te staan en aan te gaan, plaas het ek maar dan was ek nou net so moeg gewees. Mnr Dlamini vra of hy vir my warm water moet kook vir 'n skottelbad, ek dink so bietjie en besluit ek was al vuiler in die army en dis net ek wat my eie stink moet opsnork. Mnr Dlamini vra my watter raad ek vir sy seun kan gee, ek dink so bietjie en besluit toe maar op "Never give up no matter what the situation "

En so begin ek 7H00 met die lang klim, smaak my ek klim hemel toe en as ek geweet het ek gaan 640m klim in 11km het ek dit gisteraand gedoen, weet nou hoekom Tim dit in die aand doen dis beter as jy nie kan sien nie. My granny gear opgef@k in die nuwe Umkomaas deel, het 'n paar van ouma se tanne omgeklink en haar 'n wilde kinkel gegee. Sukkel die berg uit sonder ouma, besluit toe maar om noodsaaklike herstelwerk op ouma te pleeg en kry haar toe so semi reg sodat ek weet my granny kan gebruik. Hier sal jy doodgaan as jy nie 'n granny het nie. Na drie Epic's was ek heilig oortuig dat daar geen erger roete beplanner as Dr Evil Evans kan wees nie, hoe verkeerd kon ek wees ?? Ontmoet sy edele Dr Very Evil David Waddilove, hy gebruik blykbaar net die hoogste berge en maak van geen paaie gebruiknie. Ek dink toe hy die roete uitgedroom het, het hy eerste die hoogste berge uitgesoek net sodat hy kan sien hoe hy moet ry tot by die volgende berg.

David se sogenaamde paaie
Ek vorder goed, gelukkig lieg kaarte nie en ek betree die laaste berg voor Ntsikeni, en as ek nou gedink het die berg na Centocow was erg ontmoet ek nou die monster, die roete is besaai met klippe en dis 'n moerse opdraande. Gelukkig vind ek die pad na Ntsikeni en ek is baie bly om weer vir Jaco Strydom te sien, vra uit oor my yster mededinger Carl Crous, en soos vermoed is Carl op my spoor, ek beter aanstoot. Ek maak kort en mette met die lang gras op pad na Politique, daar is 'n nuwe dringendheid in my, moet voor Carl bly......

Ek verloor myself weereens oppad na Glen Edward, draai iewers te vroeg links op 'n pad, ek beweeg in die regte rigting maar kom op heel verkeerde plek uit, verseker die verkeerde pad, maar daar was dan fiets spore, hoe dan nou. Klop by 'n boer aan en hy lei my weer op die regte spoor, ek sal my gat moet roer as ek vanaand nog by Masakala wil slaap. Dis baie frustreerend om heeltyd die pad te moet soek, jy weet nooit of jy op die regte pad is nie, al is daar fiets spore is jy nooit oortuig jy is op die regte spoor nie.....

Die son hang laag en ek kan voel iemand het 'n moerse vrieskas iewers oop vergeet, so met die donker raak slag stop 'n bakkie by my, dis Mike van Banchory, hulle wag vir my, die huis is oop en ek kan solank smul aan die snacks, hulle gaan net gou iets op die dorp kry. Ek praat iets van ek moet Masakala haal vanaand nog, Crous is op my spoor en hy praat van dis nog ver en ek moenie worry nie die Freedom Challenge het laat weet dis net ek en daar seël ons die deal.

Dis hemel op aarde in Mike en Margie se huis, dis warm, daar is musiek, lekker snacks en ek kan 'n warm bad vat. Baie aangename mense, Mike vra my tot hoe hy my lekker dik steak moet braai en ek lê aan by 'n konings maal, rooiwyn, smul lekker steak, boere poedinge en 'n lekker warm bed.

My beker loop oor en goed gebalsem sal ek more vroeg in die pad val om voor te bly......

6/16/2009

Dag 1 Pietermaritzburg - Centocow






Marnitz, Eduard en Carl
Ek voel weer soos net voor die 2007 Cape Epic start, bottervlieë in die maag, alles draai, ek weet so bietjie wat om te verwag maar die onsekerheid is groter, het ek genoeg ge-oefen, het ek die regte gear, gaan my GT dit hou, maar nog erger, gaan ek dit hou. My pa het nie bang kinders groot gemaak nie, net versigtig en ek is baie versigtig vir die race. Die Freedom Challenge pak mens met baie ontsag aan, sommer sakke vol daarvan.

Carl is 'n harde man en daar skuil altyd so bietjie kompetisie tussen ons, so in die stilligheid hoop ek om hom weg te ry, my mikpunt Ntsikeni.......

Sommer die eerste ding wat ek agterkom is dat hier regte berge is, moerse opdraandes en ek is net gewoond aan die vlaktes van die Wes Transvaal en ek suffer sommer lekker teen die opdraandes. Carl praat iets van dis nog niks wag vir Hela Hela, dan praat ons weer......

Maak net seker ons is nog op die regte pad....
Die nuwe deel wat Mike Woolnough langs die Umkomaas vir ons uitgelê het is woes, jy kan nie ry nie, dis dra en stoot, gelukkig kry ons die rivierkruising maklik en toe ontmoet ek vir Hela Hela.
Hela Hela is in die ware sin van die woord 'n BLIKSEM, 'n moerse opdraande wat jy nie eers sonder kit moet aanpak nie, ek wonder of hulle dit nie 'n 4x4 pad moet maak nie. Halfpad op kry ons vir Tim James en hy lawe ons met Coke, man warm Coke het nog nooit so lekker geproe nie......

Ek en Crous sop by Minerva
Carl begin suffer teen Hela Hela en ek begin wonder of ek nie maar moet aanstoot nie, maar aanstoot op my eie betekin alleen in die race en ek bespiegel daaroor, moet ek nie maar vir Carl wag nie ? So 20km voor MacKenzie breek die band, Carl sê ek moet gaan en ek sien my kans. Dana maak lekker broodjies en ek verlaat MacKenzie net toe Carl daar aankom. Gelukkig is ek op 'n gedeelte van die Sani2C roete en ek vorder gou, maar o wee nadat ek die Sani roete verlaat bevind ek my op onbekende terrein en sommer gou-gou is ek op my eie pad iewers in die plantasie. Gelukkig het die army my baie geleer, nie net om rond te hardloop agter die verkeerde blaar nie, maar ook om kaart te lees, ek kap my eie nuwe roete uit en nam omswerwinge bevind ek my in Donnybrook weer terug op die Sani pad !!!!

Alles loop goed, ek jaag jaag die eerste 12 km op die Sani pad in kwynende lig in die hoop om die regte afdraai te kry, ek kry die afdraai in sterk skemer, die narratives praat iets van 5.5km kruis jy 'n stroompie, ek kruis meer iets soos 'n plassie water en dan slaan dit my op die voorkop, ek is op die verkeerde pad in die pik donker in 'n plantasie waar ek nie sterre kan sien nie, geen landmerke kan uitken nie net Dennebome, dis al wat ek sien. Na ure se kringe in die bos besluit ek om op 'n manier by ligte in die verte uit te kom, die ligte so ek na nog 'n paar kringe in die bos agterkom is Creighton, verkyn nie eers op my kaart nie. Ek stop by die gerage en probeer uitvis waar ek nou eintlik myself bevind. Nadat ek oorleg met myself en die kaart gepleeg het besluit ek toe maar weer op 'n nuwe roete en na nog 'n paar wilde draai vind ek eindelik vir Centocow. Ek slaap nie by die hospitaal nie, maar by 'n ene Dlamini, blykbaar nie ver daarvan nie, soos David vir my verduidelik 'n dubbelverdieping huis aan die linkerkant, ek ry net verby die klooster tot by die hospitaal en volg die pad.

In die donker soek ek na iets met 'n toring, die klooster, maar ek sien nie so iets nie, kry die hospitaal, maar 'n groot dubbelverdieping huis aan die linkerkant glad nie en so donner ek die nag in, stop by mense vra vir Mnr Dlamini, maar niks nie, neuk net voor en verder al in die rondte. Na vele oproepe na David en Mnr Dlamini kry ek hom eindelik nie te ver van die hospitaal nie, hy bly in 'n gewone enkel verdieping huis, plat op die grond.

Mnr Dlamini is baie gasvry, van kos is daar geen sprake die tyd van die nag nie, ek neem sy dogter of iemand se kamer van haar af, te minste is ek warm onder dak, nou vir slaap, maar slaap kom nie.
Daar is 'n baba in die huis en ek het die baba en ma van hulle kamer afgerokkel, en nou huil daai baba omdat ek in sy bed slaap, verder is daar 'n eskader muskiete wat my aanval, dis seker maar waaroor die Freedom gaan.......





Barnes blows open 2009 Freedom Challenge

Tuesday, 16 June 2009

A monumental effort. There is probably no more appropriate way to describe the first few days of the 2300 km 2009 Freedom Challenge non-stop mountain bike race from Pietermaritzburg to Diemersfontein Wine Estate outside Cape Town.

Friday 13 June 2009 saw a small group of runners take on the inaugural 85 kilometre Duzi Trail Run from Durban up the valley of the Umgeni and UmzimduziRivers to Pietermaritzburg. The event was won by Eric Zondi and Thomas Ngidi who form part of the "Change a Life"Foundation and now both boast top 20 finishes in the Dusi Canoe Marathon. Finishing in joint third place were Pietermaritzburg local Andrew Barnes and Australian Dave Barr who, after running for close to 10 hours had managed to close down the leaders only to lose them on the last five kilometers uphill into the finish.Despite the pain of the previous day, Saturday morning saw Barnes and Barr in front of the PietermaritzburgCity Hall for the start of the2009 Freedom Challenge non-stop mountain bike race across South Africa.

The two lead their group into the valley of the UmkomaasRiver and into the first support station at Mc Kenzie Club 106 kms. They then pushed on through the plantations and indigenous forests of Donnybrook before dropping down to the UmzimkuluRiver where they stopped to sleep at the Centocow Mission, built by Trappist monks a century ago. Leaving early the next morning Barnes and Barr then crossed through the valleys of the Ngwangwane and NgungunuRivers before climbing up to the Ntsikeni Nature Reserve and continuing onwards through the district of Sisonke and across the floodplains of the Umzimvubu river towards the escarpment of the southern Maluti Drakensberg.

They stopped again to sleep at the community run Masakala lodge near the town of Matatiele before continuing on towards the Malekhalonyane lodge located on the Mehloding Hiking Trail 370 kilometres from the start. Their unrelenting early pace meant that they had already opened up a 100 kilometre gap on the rest of their start group. Troubled by saddle sores, Barr was then forced to stop whilst Barnes continued alone to reach the next support station in the village of Vuvu shortly after nightfall. Despite his demanding run Barnes' pace matches that of the record-breaking ride of last year's Freedom Challenge winner, Tim James.

With the field for the 2009 Freedom Challenge divided into batches that start a day apart, Sunday and Monday saw further riders leaving Pietermaritzburg. On Sunday tandem riders, Mike Woolnough and Glenn Harrison, single speed rider Andre Britz and Freedom Challenge veteran Francois Riekert emulated the achievement of Barnes and Barr in pushing through McKenzie and continuing on to Centocow for their first overnight stop. However, their slower pace meant that they arrived later and despite pushing through Ntsikeni Nature Reserve on Monday morning. With night having fallen and temperatures dropping to freezing they were unable to make Masakala and opted instead to stop at a farm near Swartberg.

The batch of riders leaving Pietermaritzburg on Monday morning all made good progress through the UmkomaasValley. However, on arrival at Mc Kenzie all opted to stop for the night with the exception of woman rider, Fiona Coward, and Doug Kennaugh who continued on to stop for the night in the small town of Donnybrook.

The last batch of riders leaves Pietermaritzburg on Tuesday morning.Included amongst them and returning for the third time is 2008 Freedom Challenge winner and record holder Tim James. With mountain ranges and many miles separating them it now remains to be seen whether James or any of the other riders who follow is able to match the cracking pace of Barnes.