9/13/2016

Boet Werrie se 2016 Freedom Challenge

Able Freedom Challenge
Prologue:



We Nienabers are a very adventurous bunch. We inherited it from our parents. There is a driving
need to know what’s around the next corner, over the next hill and the good old :” ahh, that sounds
like a good adventure to take on…”

My boet (Marnitz) has completed the most Freedom Challenges to date. When he started off on his
1st race, we could not follow the participants on the web, but the race office tried to inform us of the
progress of each rider. My boet sent me sms’s about where he was, and to where he was planning
to ride that day. It included a few phone calls to him whilst he was riding. My imagination was
running wild, and a dream was born.

My riding buddies at home know that I get easily bored of the same routes. I like to discover new
routes and take on the off-the-beaten tracks. It doesn’t matter if we hit a stretch of sand or
something completely unridable. It keeps the mind alive!

My 1st attempt at the Freedom was with my boet on a tandem. It’s an utterly insane idea and
something I questioned him on numerous occasions. But my boet was hell bent. So we did the
Sani2C on the tandem as a trial and it was sort of a success. However, in the Freedom, my knees
failed miserably on the 3rd day near Matatiele. A tandem in the Freedom is madness:
 We rode 20 hours to Centocow. On a normal bike it took me 13 hours the following year
 It’s impossible to ride single track. And there are lots of it.
 You have to do everything together on the bike. If your riding style differs, both riders are
going to suffers.
 The stoker (rider in the back) always looks into the backpack of the front rider.

My 2nd attempt, was a year later. I did a recce ride from Glen Edward to Rhodes with Martin Dreyer
earlier and creamed it. I was strong and confident in that I will complete the race. It showed in my
pace, holding my own the 1st 4 days with some racing snakes. But maybe I was a bit too confident in
my abilities and pushed way too hard. On the way into Vuvu, my knees started to hurt. Instead of
resting I decided to take on Lehanas and push thru to Rhodes. I got into Rhodes an hour before the
riders I rode with, finishing with the 3rd quickest time. However the next morning when I got up to
ride, my knees refused to work. It was the same pain as the previous year, it was just too painful to
lift my legs. I was devastated. And again, I dropped Marnitz in not completing the race with him.
Not completing something, is just not me. There is a monkey on the shoulder that nags at you all
the time, about what if… And you start to plan again, how to train differently, how to tackle this
race differently. The dream needs to be realised.

The following year I got a call from my boet about some riders that were going to do a recce ride on
the Freedom Challenge route from Baviaans to Wellington. They asked if I would be interested to
join them. WOULD I BE INTERESTED? It took me about 10 seconds to decide! I was also fortunate
enough to be part of building the Intaba Ingwe trail in Heatonville. It is on the housing part of the
Thula-Thula game reserve. It’s very hilly and very rough, i.e. a very good training ground for the
Freedom. The group of riders that I went with was all weaker than me. I was waiting for them to
catch up on the top of every hill. The Freedom Challenge Recce ride was very enjoyable – we took it
easy every day, I was doing all the navigation up front, taking lots of photos, just being a tourist. It
confirmed to me that I was capable to ride the Freedom.

For the 2016 Freedom Challenge, I kept my training regime the same with regards to jogging and
riding. I stopped playing squash, due to a tennis elbow injury, and replaced it by joining a sports
orientated Pilates class. The Pilates helped so much that I doubled up on the classes. I even
included some trampoline training – I wanted to make sure that my knees are not going to be the
reason for not completing the Freedom. I believe that it’s the Pilates that helped my body coped
with the daily demands of the Freedom Challenge.

I’ve never officially rode for a cause before, but have always ridden in my Able Centre cycling shirts.
The Able Centre is a centrum for early intervention treatment of autistic kids. When my youngest
was diagnosed to be on the autism spectrum, there was no school or facility that he could be sent to
for help. So a few parents and community members got together and built the centrum. Today the
centre is treating 18 kids. It’s very expensive treatment, due to the 1 tutor to 1 child ratio. The
centrum is a registered NPO, but do not receive any funding from government. They rely on the
parents paying the tutor fees and from fundraisers. My youngest has gone thru the treatment and is
today attending a mainstream school. Quite a lot of funds were raised thru the 2016 Freedom
Challenge – thanks for everybody’s help and contributions to make it successful. For more info,
please log on to www.ablecentre.org

6/28/2016

Die freedom Challenge se duur lesse


Duur lesse al geleer in die Freedom Challenge:

Golden Rule 1

After the commencement of the race, challengers may not be transported at any time by motorized means.

Golden Rule 2

After the commencement of the race, personal gear, equipment and supplies of a Challenger may not be transported along the trail by mechanized means without consent of the Race Director.

Golden Rule 3

No vehicles seconding individual Challengers will be permitted during the RASA

Golden Rule 4

Freedom Challengers should not receive outside assistance other than provided by the Race Office.

Golden Rule 5

No GPS device is allowed on the trail

Golden Rule 6

Challengers must act in a sportsmanlike manner

Golden Rule 7

No Doping.

My eie Goue Reël 8

Jy kan nie jou kombers koop nie, gee geld koop ervaring of kennis nie, jou makker wat saam met jou ry is ook nie verantwoordelik om toe te sien dat jy jou kombers kry nie.

Net jy en jy alleen is verantwoordelik vir jou eie ervaring, en om dit 'n besonderse blywende ervaring te maak is jy verantwoordelik om jouself toe te rus met die nodige kennis en fiksheid sodat die besonderse ervaring altyd by jou sal bly !!!!








Boet Werrie se 2016 Freedom Challenge

Die droom om 'n Freedom Challenge suksesvol klaar te maak, is soos baie dinge in die lewe nie 'n gegewe werklikheid nie, dit neem baie harde oefening, voorbereiding, hardkoppigheid en deursettingsvermoë.

Terug in 2013 was my groot droom om die Freedom Challenge met een van my broers te deel, in my malligheid het ek sommer besluit om dit op 'n tandem saam met Werrie aan te pak. Die droom het sommer vinnig gesneuwel toe Werrie se linker knie oppak sommer in die begin van die race. Met trane in ons oë het ek en Boet Werrie van mekaar afskeid geneem in Masakala.

Plan B spring toe in werking in 2014, Werrie op sy eie MTB en ek twee dae later op my eie MTB, die groot plan was om Boet Werrie se kniee te spaar tot in Rhodes, waar ek hom dan sou vang en ons die tog verder sou aanpak. Werner het op voorstel van my 'n recce saam met Martin Dreyer gedoen.
Martin Dreyer is 'n tawwe kalant en hy het my die versekering gegee dat daar geen tekort aan Werner se kragte is nie. Werner was goed bekend met die roete tot in Rhodes.
Ons plan was goed aan die werk en Werner het goeie vordering gemaak, selfs dele stoksiel alleen gery.

Ek was goed oppad om vir Werner in Rhodes te vang, sy kniee het weer begin lol en Werner het besluit om die witvlag te hys voordat ek hom in Rhodes onder oë kon neem. Werner het die oggend net voor my aankoms 'n geleentheid uit Rhodes gekry. Die keer was ek stilweg de donner in, kwaad vir Boet Werner omdat hy weggeraak het voordat ek hom moed in kon praat, kwaad omdat my droom nie 'n waarheid kon word nie, sommer de moer in vir alles.

Nodeloos om te sê ek het opgegee in die droom, jy kan 'n donkie to by die water lei, maar jy kan hom nie maak trap nie, hy moet self die water proe, passievol wat ek is om my Freedom Challenge ervaring met Werner te deel het ek nooit opgegee nie, en Werner het water geproe....

Plan C tree toe in werking in 2016, Werner getrou aan die hardegatgeit van die Nienabers laat weet my hy gaan weer deelneem. Werner se voorbereiding was uitstekend, selfs van daai fancy akrobatiese Pilatus klasse gaan bywoon om die kniee sterker te maak, ek glo dit help seker vir hardegatgeit ook, want as ek so lank my lyf in snaakse posisies moet hou sal ek seker ook maar hardegat word....

Ek glo Plan C is onder streng toesig van ons Liewe Vader uitgevoer, ek verhuis na Vredendal ( naby aan die Freedom Challenge finish) en nog meer ek moet op 'n verpligte kursus by Toyota gaan waarvoor ek nie baie lus was nie. Onder die toesig raak dit vir my moontlik om Werner af te sien in Pietermaritzburg en wat 'n groot voorreg was dit nie. Twee dae later met die uitstapslag uit die vliegtuig in Kaapstad  word ek ingelig my Boet het sy fiets vernietig, sy MTB se frame is nerfaf, planne word gemaak en hy kry 'n nuwe raam en sit sy tog voort. Ek hou my asem op vir Rhodes en Werner slaan hom weg met sy volgehoue hardegatgeit om foutloos verder in die roete af te beweeg, die kniee is seer, dis koud, maar dis lekker, Boet Werrie geniet homself en die smile op my bakkies word al groter en ek meng nie in nie, dis sy race en hy maak die besluite. So nou en dan vis ek langs die pad, net om seker te maak die man bly op spoed.

'n Paar dae later kry ek 'n benoude uitasem oproep van Werner, sy raam het weer gebreek, tussen niks en nêrens en daar is op die aarde niks wat ek vir hom kan doen nie. Hardegatgeit en deursettingsvermoë skop aan Werrie se kan in, hy keer 'n boer voor en maak 'n boere plan en sie daar gaan hy weer met sy gelapte MTB, hy vra my nog die tyd na Hadley en doen dit sommer in die helfte daarvan. Die Freedom Challenge familie se ratte draai en ek kr raad van alle kante, tot 'n nuwe raam word ingevlieg wat hy later in Cambria kan oorbou. Getrou aan Nienaber tradisie wys Werner die maklike oplossing van die weg en ry met sy gelapte MTB tot in Willomore waar ons ordentlike lap toerusting vir hom gereël het. Werner nou so hardegat en gemotiveerd om klaar te maak, neem die nodige reparasie materiaal, maar besluit dit gaan beter wees om met sy gemodifiseerde pyp fiets klaat te maak. Ouboet waarsku hom daarteen, maar aan 'n Nienaber is daar nie baie salf te smeer nie, dalk so bietjie skaap vetjies vir die omgekeerde jeep tyre lippies, maar dis al.....

Die rolle tussen ons broeders maak so ommekeertjie gedurende die Freedom Challenge, ek aan die begin blaf die bevele en Werrie moet uitvoer, aanhou en bekhou, ek besef dis nie my race nie, dis sy race en sy besluite en sy ervaring en die bevele verdwyn en dit verander in vrae van Boet Werrie, hoe laat dink ek hulle moet ry, hoe ver dink ek hulle moet ry en wat dink ek moet hulle doen ? en ek, ek begin Werner se eie ervaring meeleef, soos dit moet wees.

'n Dag voor Werner moet klaar maak, kry ek weer 'n uitasem oproep, hierdie keer meer bedonnerd, sy raam het op nog 'n plek gebreek, hoekom ? want hy het gertrou aan Nienaber hardegatgeit nie na my geluister en die eerste breek mooi herstel nie, en nou ? nou sit hy weer tussen niks en nêrens met sy finger in sy raam.... Gelukkig het hy die pakkie Freedom Challenge Bush Fix saam met hom en hy lap sy fiets net om 'n uur later weer nou alleen teen die storm wind te veg. Die geveg hou ek noukeurig dop tot in Trouthaven, vanwaar Werner die Freedom Challenge suksesvol kon klaar maak !!!!

16D 12H38

Welgedaan Boet ! Jy is nie net Marnitz se broer nie, jy is Werner Nienaber my broer !!!







12/12/2015

My 3000 km 4 dag Freedom Ride op 'n GS

So begin alles in die tweede laaste week van November 2015, ek besluit op 'n self gekose opdrag om Vredendal te gaan verken, was nog nooit self daar nie en ek stel voor ek vat die GS vir 'n draai.......

Roete beplanning word gedoen.....



















Soos julle almal al weet, el laaik gatskuur en gatskuur op twee wiele is beter en as jy onder die          5 000 000 Sterre Hotel kan slaap, ek wil nuwe plekke ondek, nuwe paaie ry, nuwe goed sien en nuwe mense leer ken. Kimberly om is nie 'n opsie nie, Groblershoop Kenhart is baie aanloklik, Kevin Davie se Sishen Saldanha treinspoor grondpad is die aanloklikste, maar ek moet belangrige mense gaan sien en kan nie vuilgat daar aankom nie. Al opsie wat dus oorbly is oor Upington, oornag by goeie pêlle van my en vat die pad vroeg na Vredendal, moet 12H00 daar wees....

Die tog word 'n waarheid op Saterdag aand om 19H00 toe Jacques van Vuuren my inlig, hy kan my Maandag 23 November 2015 om 12H00 sien, wil graag hê die Ingelsman moet die tog mee maak en die nuwe grond saam met my verken, maar dis eksamen tyd en dis Saterdag aand 20H00 en ek pak gou vir my 'n paar goedjies, more na Kerk sal ek in die pad val. Danielle het nog vandag aan die ASA SA's atletiek in Germiston deelgeneem en more lê 'n ver padjie voor....


Dag 1

Danielle pak vir my padkos, water, pleisters weet nie waarvoor nie, toiletpapier - ons weet waarvoor, gurilla tape en 'n sker- die goed gebruik mens mos op alles. Ons geniet 'n lekker Kerssang diens, ek eet gou iets en neem 'n trane in die oë afskeid van my wonderlike gesin, 12H00 val ek in die pad.

 Ek wil graag voor donker in Upington by Andrè en Adel wees, verlede woensdag 'n tarentaal met die ysterperd gelaan in die vroë oggend ure, gelukkig onder iewers en ek is nie lus om die episode weer te herhaal nie.

Daar waai 'n koel windjie, wat baie gaaf is op my beskermende baadjie en ek stoot aan, nie te vinnig nie, in ons geweste is daar baie spietcops wat onder die bome stelling inneem en geduldig op hul prooi wag......

Die eerste bewoner van die koetle bome vind ek net na Wolmaranstad, verby Sweizer gewaar ek nog 'n gekamoefleerde boom bewoner, die GPS wys iets van 19H00 aankoms in Upington en ek sit my sit en wag my kans, die boom bewoners sal netnou wyk wanneer die son begin water trek iewers annerkant Kuruman vermoed ek.



Tussen Sweizer en Vryburg maak die manne die pad weer mooi en die aankomstyd in Upington skuif aan, hoop nie daar is baie tarental wat skemer op pad Upington toe langs die pad wei nie.

Kyk in en om Kuruman ry jy stadig, daar is heelwat boom bewoners wat op hul prooi wag, afgesien van die boom bewoners is daar los lopende donkies, skapies, beeste, bokke, brakke en mensies en die slimste van die klop waaroor jy die miste hoef te worrie is die boerbokke, hulle weet blykbaar watse skade die manne van die automobiele assosieasie aan hulle kan aanrig......

Op Kuruman maak ek vol, die GS kort petrol en ek weet nie of daar goeie petrol op Olifantshoek is nie, my stuitjie is ook besig om te praat en soek 'n staankans en vir so 5 minute dans ek om die fiets en vang toe maar weer half bang vir die tarentale in die pad. Kathu kom en gaan, Olifantshoek verskuin en verdwyn en dit son sit nog hoog en ek besef, die son sak mos baie later in die geweste, ek behoort nog ligdag Upington te haal en ek maak my eerste ordentlike blaaskans onder 'n grasdakkie so 20 km weg van Olifantshoek. Die geskreeu van die sonbesies in die rooi duine laat weet my die sons gaan nog lank nie slaap nie en ek bewonder die deel van die wêreld, my tipe vreedsame opregte wêreld, die wêreld waar mense nog vir mekaar omgee.....

Baie jare gelede het my Oupa Jan Hendrik Hanekom Nienaber diep spore in die vlaktes van Upington getrap en ek kan sien hoekom hy so lekker in die wêreld ingepas het, ons tipe mense die, ek verlang sommer weer na my Oupa, hy was 'n moeilike groot bedonnerde man met 'n baie klein hartjie, ek dink daar vloei heelwat van sy bloed in my are.....

Andrè en Adel Fourie wag my in met 'n lekker koue bier, die vuur brand reeds hoog en ek geniet die kuier saam met my pêlle wat ek vier jaar laas gewaar het, in die vier jaar het hulle reeds verval in die kontrei se gasvryheid, ware aardse opregte mense, ek sal 'n plan moet maak om meer in die geweste te kom...






Dag 2

My lyf dink dis weer Freedom Challenge fietsry en ek is sommer al baie vroeg wakker, maar die son slaap nog en ek weet nie watse gediertes en mensies die pad bewandel in die vroeë oggend ure nie, maak maar die ogies toe en probeer verder slaap. 4H20 wil my lyfie nie meer slaap nie, vang 'n stort en trek my mooi-moois aan en 5H20 nadat ek die GS kos gegee het val ek in die bekende pad  na Springbok. Kyk die geweste is mos bekend vir sy warmgeit, maar nie vanoggend nie, van oggend is dit net 8°C en my beskermde jassie raak bietjie dun en ek stop by Keismoes en ek wonder.....

Kei moes of Kei moes nie........

Ek trek my snoesige onderbaadjie aan en druk die ysterperd se neus in Pofadder se rigting, dankbaar oor die ysige windjie wat waai.

So halfpad in die verlatenhied waar ek amper more kan gewaar, laat weet my stuitjie my ek moet nou bietjie staan en ek kry toe sommer weer 'n ou grasdakkie vir die bener\ rek episode.

Met die dansery, bel ek toe sommer die Ingelsman net om te hoor of alles nog gaan en te sê waar ek myself bevind, indien ek verlore raak, met die kom 'n Hilux verby en ek sien letterlik hoe die agterwiel bars, stap toe maar oor die pad en help die gryskop ou oom en val toe maar weer in die reguit paaie....

Maak die GS se pens vol in Springbok en ek vat die pad die onbekende in, die deel wat ek nou ry het ek nog nooit betree nie en daar is heelwat meer draaitjie en berge as die reguit paaie wat ek voorgestel het.

Kom my afspraak na in Vredendal en verken die wêreld verder, kry vir skillie in die pad en lei hom na groen weivelde waar rus is.

Besoek Strandfontein, drink 'n lekker coke en vul hom dan met skulpies en goetertjie wat ek op die strand vergader, hopelik hou die biologie projek vir Danielle.

Druk die GS se neus verder in die kwaai wind tot by Doringbaai, 'n vissers gemeenskap, waar ek eintlik omdraai in Klawer se rigting waar ek vanaand my lêplek gemaak het, moet sê die wind van agter is lekker, maar is dit nie maar altyd so nie ??
 Na 19H00 kom ek by Klawer Hotel aan, laat my baie dink aan die Willows by Willomore en met die intrapslag onmoet ek vir Oom Cobus Gouws, hy het net so ysterperd en ons raak dadelik aan die gesels. Ek saal af in die kamer en met my terugkoms praat ek en Oom Cobus mekaar weer raak, gesels oor wat ons doen, wat ons al gedoen het en wat ons dink ons moet doen.

Dit raak 'n baie diep gesprek en ons praat oor lewens waarhede, oor ons vrouens en ons kinders, ruil geheime oor hoe om kinders, ons praat oor kare en oor die Freedom Challenge oor ete en toe ek weer kyk is dit al lank na die son gaan slaap het. Steeds gesels die nou nie meer onbekendes met mekaar tot laat nag en ons geniet mekaar se geselskap, kort voor twaalf kom ek eers in die bed en dit begin nou regtig soos die Freedom Challenge voel.

Laat nag kom ek in die bed, en my kop herkou ons gesprek, Oom Cobus se woorde : Die Here maak nooit 'n deur oop voor hy nie 'n ander deur vir jou oopmaak nie, ons moet net op ons kniee gaan en ons oë oopmaak vir dit wat God vir ons gee.....

My gepaste kamer in Klawer Hotel : Kanniedood, wel ek moet seker een of ander tyd gaan, maar voor ek nie 'n groot gedeelte van my planne bewaarheid het nie, gaan ek maar hakkel om te gaan.

Ek is moeg en more is weer 'n ver dag, hopelik kataza die wind my nie weer so more nie, ek wou Kevin Davie se grondpad terug, maar die agterwiel op die ysterperd gaan dit nie toelaat nie, hy raak nou aan die opgebruikte kant.....

Dag 3


Weer vroeg op, Andrè het vir my 'n nuwe agter band in Upington gereël, die een raak nou bietjie dun vir die warm reguit paaie, gelukkig waai die wind wat my gister in die gesig geblaas het nou van agter, daar is minder haas en minder spoed en so toer ek die pad na Springbok verby Knersvlakte se Spens. Bedagsaamheid word aan die dag gelê om nie teen te hoë spoed in die draaie in te gaan nie, ek vertrou nie heeltemal die vrede met die agterband nie.


Maak die GS se pens weer vol in Springbok en gaan soek 'n gras dakkie vir die weerbarstige stuitjie wat nou bietjie staan nodig het. Geniet Danielle se laaste Marmite broodjies wat sy met soveel liefde vir haar Pappa gepak het, moet sê ek verlang die gesiggies.....

Ek is mos weer op twee wiele en die duiwel se wind weet dit blykbaar weer. die GS weeg seker so 270kg gepak en met my dik lyf of stoei ek moedig voort teen die rukwinde, smaak my die pad gaan nooit opraak nie.

Ek ry nie vinnig nie, die wind laat dit nie toe nie en so beweeg ek in konvooi saam met 'n paar karre, ek so bietjie vinniger as die karre, so elke nou en dan laat weet my nek die geveg met die wind raak nou te erg, staan in die wind is ook nie 'n opsie vir my nukkerige stuitjie nie en dan stop ek maar vir die ysterperd dans......




Die dans neem my gewoonlik so paar draaie om die ysterperd, sluit so slukkie of twee van Danielle se nuwe water in, Klerksdorp se water is lankal klaar, dis nou nuwe Springbok se water, 'n rokie of twee en dan die voorreg om my konvooi verby my te sien kom, net om weer op te klim en dan 10km

later weer verby dieselfde konvooi te gaan.



So blaaskans duur gewoonlik nie baie lank nie, die kwik borrel in die geweste en daar is nie baie skuiling teen die elemente nie......





Die volgende stop is die pienk padstal, waar ek semi skuiling teen die wind en die brandende son vind, geen lafenis nie, ek geniet toe maar 'n coke onder die skadu net en beraam planne om iewers iets ligs te nuttige en 'n lafenis of twee te neem, weet nog nie lekker waar nie, maar die plek sal my raaksien en inlok.




 Ek betree my ysterperd en met die sitslag laat weet my agterstewe my die saal is aan die brand en summier staan ek vir 5km tot die saal afgekoel is, dis warm wêreld die, my oë is oopgesper vir 'n lafenis in die onbekende en ek vind rus en lafenis toe ek die groen gras van De Werf in Keimoes raaksien.

Ek moet bieg die lekker groen gras het my eerste raakgesien, daarna het ek die resturant gewaar en toe spring daai Windhoek Draught in my hand, met 'n twee een wat regstaan op ys.

Ek wat vleis vreet nuttig 'n koel hoenderslaai en teug stadig aan my yskoue bier, maak 'n rokie en bespied my ysterperd se agterband, moontlik kan ek Klerksdorp haal as geluk aan my kant is.

Dis nog vroeg Andrè en Adel is nog nie by die huis nie en ek vermoed ek kan dalk Klerksdorp haal met die amper gaar tyre, maar vir nou berus ek myself by 'n lekker bord kos en 'n Windhoek of twee......

Na die tweede Windhoek besluit ek en my agterband ons gaan dit maak tot in Klerksdorp waar daar 'n paar nuwes in my gerage op my wag en staan-staan val ek rustig in die pad.

15H00 is ek by Andrè en Adel se vestig, die kinders begroet my met entoesiasme en vraag graag vir 'n draai op die ysterperd, ek maak so en hulle straal van blydskap, hulle eerste keer op 'n twee wiel ysterperd.

Ek val in die swembad en smelt amper van blydskap in die koue water, Andrè kom by die huis en begroet my met nog 'n yskoue Windhoek en ons gesels oor lank terug se verlede. Ek en die man het oorkant mekaar groot geword, ons is drie broers en hulle vier en ons het omtrent die


woonbuurt waar ons groot geword het gerule, ons was nogal 'n gedugte spannetjie, praat oor swembad grou by ons huis, vrugte steel in die buurt, tok tokkie, baie pakslae en hoe kwaai my oupa was, en hoe hy ons goed geneuk het as ons nie geluiter het nie......

Dit ontaart weer in 'n lang gesprek en ons herleef weer ons kinderdae en wat ons alles aangevang het, die braaivleis vure by die drive-in, kettie skiet in die koppie, visvang, fietsry die wêreld in, pakslae en nog pakslae en ons kom tot die samevatting dat ons maar 'n moeilike spannetjie was. Andrè en Adel is baie gelukkig in Upington, hulle het so vier jaar gelede besluit om te trek nadat hulle een aand hulself in 'n hijack by hul huis vasgeloop het, kyk nog nie een dag terug nie en wil ook nie weer in ons wilde geweste kom bly nie. Hulle sê ons behoort goed aan te pas in die mense-mens wêreld.

Dag 4

Na 'n baie lekker kuier is ek reg om die pad huis toe te vat, ek mis my Ingelsman en ons wonderlike kinders en ek is lus om die pad vroeg te vat terwyl dit nog koel is en hopelik hou die tyre, so hier en daar wil die draad net begin om hul verskyning te maak.... Net na 5 val ek weer in die pad, net voor ek wegtrek wys Andrè my op 'n groot stuk van die band wat glad nie meer goed lyk nie, die deel het ek heeltemal gemis tydens my inspekie. Ek wonder of ek dit gaan maak en besluit toe maar om net stadig te ry terwyl die pad nog koel is, as ek na Vryburg gaan staan het ek 'n hele paar pêlle wat my te hulp sal snel. Ek vorder tot so 20km buite Upington toe die Engeltjie my omdraai, 6H20 stop ek by Fit-it in Upington en begin in alle afwagting wonder hoe laat die mense hier gaan oopmaak ? Terwyl ek nog so wonder stop die eienaar Albe daar, is ek die man wat die agterband nodig. Ek knik, stel myself voor en hy sê my sy manne is oppad Henk sal gereed staan om my 7H00 te kom help, nouja voor 7 uur toe staan ek al met 'n koppie koffie wat Henk vir my gemaak het in die hand en die manne is besig om 'n nuwe band op te sit, dis nou diens !!!!
 8H00 val ek in die pad met baie gemoedsrus, ek behoort veilig by die huis te kom. Ek stop by die boom wat 'n motoris se sig versper het meer as 15 jaar terug. My oom, Johan van Oosten is by die T aansluiting net 'n paar kilometer buite Upington oorlede in 'n grubotsing as gevolg van die boom wat die sig van die motoris versper het en toe voor hulle ingery het. Oom Johan is dag of wat voor Alison se geboorte oorlede en ek gou daar groei baie van hom in haar.

Met huimwee val ek weer in die pad, my Oom Johan was 'n goeie oom, ons het altyd lekker gekuier by hom, saam met my niggies en nefies in die wildtuin rondegerits terwyl hy nog in Sukuza gebly het. Daar het ons die geleentheid gehad om die wildtuin te ervaar soos min mense dit ervaar, in 'n boomhuis geslaap by 'n watergat, gesien hoe leeus bokke bekryp en vang, man dit was 'n lekker tyd. Ek moet sê ek mis die kuiertjies saam met my niggies en nefies.....

En so met die verlange in my oë rol ek die pad op na Oliefantshoek, kyk 'n nuwe tyre vat mos maar 'n paar kilometer om te settle en so 20 km voor Olifantshoek wil dit vir my voorkom of die tyre nou gesettle raak, ek sien 'n plaaspadjie en trek af om die rus en vrede van die omgewing in te asem.

So met die stopslag moet ek mooi kyk waar ek die GS neersit, die sandjies is maar sag in die geweste, ek is nog besig om te smul aan Danielle se laaste broodjie wat sy vir my gepak het toe stop die boer van die plaas langs my.

Soos ek maar is raak ek aant die gesels met die boer, dis droog maar wat sal hulle maak, die beeste word gevoer want daar is nie meer veld nie. Terwyl die sonbesies skeeu wonder ek oor die sand padjie wat voor my lê en die boer vertel my dis 'n serwatuut pad wat daar doer in die verte by die berge by die brulsand pad aansluit en dan verder 'n aansluiting op die ystererts treinspoor pad maak. Ek kan Olifantshoek uitsny en kom dan annerkant Kathu uit, maar dis 'n baie sanderige padjie tot by die brulsand pad, en die Freedom vuurtjie begin brand en die baie sanderige
tweespoorpadjie word 'n baie diep see van rooi sand en die gelaaide GS gooi sulke esse in die los sand, maar van omdraai is daar nou niks, die middelman is te hoog en die sand heeltemal te los en ek brul met die GS in die los sandjies....

So 8 km op die sandpad vind ek 'n moontlike omdraai plek en dadelik toe ek spoed verminder sak die GS weg in die sand en dadelik begin my eerste Dakar ervaring, ek spin die sand so boog soos ek omdraai en eintlik die GS se neus in die rigting van die harde teerpad omdraai. Sagte sand soos die slim manne sê is : Sand up en Speed up !!! maar as 300 kg onder jou begin maal en jy sien jy gaan een of ander tyd vir moeder aarde ontmoet is dit nie altyd moontlik om te doen wat die geleerdes vir jou sê nie, nodeloos om te sê so 200m in die see van sand voor ek myself kon oortuig om ordentlik spoed te vang moer ek die eerste keer neer op die sagte sand. Ek spring op soos 'n meerkat wat ver weerlig sien en wonder vir 'n frats van 'n oomblik hoe ek die gevalle GS weer regop gaan kry ???

Gelukkig weet ek hoed dit gedoen moet word, houtkap en tonne daarvan voorsien genoeg motivering aan die spiere en in 'n oogwink is die GS weer regop, ek beloer die esse wat ek oppad gemaak het, elke nou en dan word hulle afgewissel met 'n reguit stuk, maar nie baie nie, my kop sê vir my SAND UP & SPEED UP, die esse in die pad voor my dreig my, ek hak eerste, my regterhand gehoorsaam die bevel en ek vlieg daar weg soos 'n wipplank meerkat, sit staan, sit staan ek vorder tot by 80km/h en dit gaan goed, ek sny weer die pad, tot die voorwiel beheer oor die rigting verloor en my oor die middelman trek, die agterwiel gooi sulke wilde esse en ek weet nie of ek moet sit of staan nie en toe moer ek saggies neer in die middelman, begrawe myself en die GS so half en half in die sagte sand.

Nouja ek is nie 'n donkie nie en ek het net twee keer nodig om my brein mooi in rat te kry en die nodige motivering na die spiere te stuur, sodat hule alle bevele van die brein gehoorsaam, 'n rukkie later groet ek weer die boer, hy met 'n moerse smile, ek met 'n moerse smile, stop op vaste teer om die GS te bespied en val toe maar in die harde pad, nadat ek bevestig het niks is gebreek of verlore nie, die sandpadjie sal my weer sien en die keer sal dit suksesvol wees.....

Die wind waai my die hele pad vol, boere se plase word weggewaai en ek vind myself in 'n skroeiwarm stofstorm, plase word hier weggewaai na waters waar rus is iewers ver in Natal of Lesotho, plek plek is die teer ook al toegewaai. Dis warm, die wind is baie nukkerig, die pad is ver, ek weet nie meer hoe om vir die wind te koes nie en my stuitjie protesteer ook al weer en die verlange na my Ingelsman en die kinders bied beskerming.

15H00 trek ek by my vesting in, die Ingelsman en kinders is oorstelp van vreugde om hulle pappa weer te sien, en dis lekker om weer by die huis te wees !!!!




9/08/2015

Ek het genoeg gehad !

Ek wil skree tot die berge antwoord gee
U pottebakker met my die klei
diep in die donker vind ek 'n veilige vestig waar ek kan bly
Ek het genoeg gehad, ek het genoeg gegee
ek het genoeg geskree

In daglig lê ek my wapens neer
ek kan nie meer, my geliefdes word weggesleur
voor U aangesig werp ek my neer
vra U antwoord my o Heer vir 'n laaste keer

Moet ek vlug soos 'n verraaier van die wat ek lief het,
of moet ek aanhou veg, hande bloed gesmeer ?
ek het genoeg gehad, ek het genoeg geskee, 
ek kan nie meer, wat maak ek o Heer ?

en ek wil skree tot die berge antwoord gee
U pottebakker met my die klei
diep in die donker vind ek 'n veilige vestig waar ek kan bly
Ek het genoeg gehad, ek het genoeg gegee
ek het genoeg geskree

Ek hunker na die donker en U antwoord my o Heer
dis tyd om te trek, ter wille van oorlewing
na velde waar rus is lei u my weer
 ek veg soos 'n verraaier vir die wat ek lief het
en die liefde word al meer

Ek staar na my kindergesiggies met trane in hul sterre liggies
moet ek regtig gaan, moet ek regtig gaan
kan ek nie weer nog net een keer probeer ?
hoe antwoord ek my kind ?
ek moet gaan vir ons voortbestaan

en ek wil skree tot die berge antwoord gee
U pottebakker met my die klei
diep in die donker vind ek 'n veilige vestig waar ek kan bly
Ek het genoeg gehad, ek het genoeg gegee
ek het genoeg geskree
dis tyd om te gaan
vir my geliefdes se voortbestaan.....



7/06/2015

My wonderlike kinders


More Pappa🌻 baie sterkte vir hierdie Freedom Challenge !!  Dit gaan baie goed gaan ,, glo en vertrou net op die Here ♡ en gee pappa se beste !!⭐
Lief vir pappa baie ❤
Sent from my Sony Xperia™ smartphone